Amanda Heydenreich, direkteur van die departement vir menslike hulpbronne en regsake by Prosperity Health.
As die direkteur van Prosperity Health se departement vir menslike hulpbronne en regsake is dit deel van Amanda Heydenreich se pligte om die onderneming van proaktiewe regshulp te voorsien, asook met advies oor kwessies soos handelskontrakte, die oplossing van geskille, ooreenkomste, regulasies, indiensneming en goeie bestuur.
“Ek werk ook saam met ander bestuurders aan spesifieke projekte oor beleid en prosedure, dissiplinêre optrede en ooreenkomste met werknemers,” verduidelik Amanda. “Ek help die maatskappy om aan al die verskillende regsvereistes te voldoen.”
Amanda moet ook raad voorsien oor minimum-aanspreeklikheid en die onderneming se blootstelling aan regstappe. Sy moet seker maak regsdokumente en ander kontraktuele dokumente word doeltreffend opgestel, hersien, geïnterpreteer en goedgekeur. Amanda verseker ook dat almal die maatskappy se struktuur, beleid, prosesse en stelsels verstaan sodat uitvoering doeltreffend geskied.
“Indien jy 'n werk doen waarvoor jy lief is, benodig jy nie inspirasie nie,” sê Amanda, “want jy doen elke dag waarvoor jy lief is.”
As 'n gekwalifiseerde prokureur is Amanda se spesialisveld arbeidsreg.
“Dit is belangrik om te verseker jy het 'n goeie opvoedkundige agtergrond, maar 'n kwalifikasie is nie genoeg nie,” sê Amanda. “Dit verg vasberadenheid en harde werk.”
'n Personeelhoof en regsadviseur moet:
• kommunikeer, onderhandel en mense oortuig.
• 'n sterk sin vir regverdigheid, geregtigheid en logika hê.
• tussen reg en verkeerd kan onderskei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie