Alumni se trots steeds hoog
Marcelle Waugh van Windhoek Afrikaanse Privaatskool - Die Privaatskolenaweek is ’n hoogtepunt op die kalenders van al die privaatskole in Namibië, nie net vir skoliere, ouers en onderwysers nie, maar ook vir die oud-skoliere wat ook op ’n tyd deel was van hierdie sportgeleentheid. Terwyl ons hierdie naweek deel geneem en rondgeloop het op Affiespark, het ons ’n klompie alumni raak geloop en ’n paar vrae gevra oor hoe hulle die Privaatskole ervaar.
Soos op hul dag, is die oud-skoliere hier om hul ondersteuning te bied vir hul verskeie skole en om by te dra tot die gees van die naweek.
Janco Gous sê dat hy altyd die naweek sal bywoon as dit in dieselfde gebied is, omdat dit so ’n groot deel van sy skool herinneringe gevorm het.
As skool toer die skoliere saam en word vriende met mense in ander skole ook, en betrek nog die oud-skoliere lank na hulle gematrikuleer het. Die geleentheid bied ook ’n kans om ou gesigte en onderwysers te sien, waar sonder sommige nie sou wees waar hulle vandag is nie, soos wat Monya Louw dit stel.
Gerna de Klerk, wat laas jaar gematrikuleer het, verlang klaar na al die opgewondenheid wat Privaatskole bied, soos die Mnr. en Mej. Privaatskole, die optog en die saam kuier by die sokkie.
Elke oud-skolier is wel bewus van die veranderinge wat plaasgevind het. Buiten die aantal mense wat meer as verdubbel het, sê Tsumeb Gimnasium se hoërskoolhoof, Petri van Wyk, dat vandat hy self in Tsumeb gematrikuleer het, boogskiet, skaak, jukskei, hokkie, en fietsry bygekom het.
Aangesien die skole meestal beperk is tot een skool per dorpie, bied die sportnaweek ook die geleentheid om ander mense te leer ken en nuwe plekke te sien, en vorm so ’n groot deel van die skoliere sê skoolherinneringe. Tsumeb hoof Petri van Wyk sê: “Privaatskolenaweek is die belangrikste skoolgeleentheid van die jaar. Dit is die een geleentheid waar al die sportsoorte bymekaar kom, en waar almal meeding op een langnaweek.”
Daar was ’n stadium toe Privaatskolenaweek as ’n voorreg en móét beskou was, maar soos wat elke jaar ’n nuwe sportnaweek bring, en al die skoliere, ouers,onderwysers en alumni weer saamkom, verander hierdie in ’n tradisie wat hopelik lank nog sal aanhou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie