Altron verloor groot kontrak met Tshwane
Nellie Brand-Jonker
Die hooggeregshof van Pretoria het 'n kontrak tersyde gestel waarin 'n filiaal van die genoteerde Altron-groep betrokke was om 'n vesel-internetnetwerk aan Pretoria en omstreke te verskaf.
Altron het sy aandeelhouers Woensdag van die hofuitspraak ingelig. Sy aandeelprys het in 'n stadium met amper 6% gedaal.
Die stadsraad van Tshwane het die kontrak in Junie 2015 toegeken aan die maatskappy Thobela Telecoms, wat opgerig is vir die doel van die kontrak met Tshwane.
Altron se filiaal Altron Nexus is 'n aandeelhouer in Thobela. Thobela het op sy beurt weer 'n kontrak met Altron Nexus aangegaan om die projek te ontwerp en te bou en die toerusting te verskaf.
Tshwane het in 2017 die hofaansoek gebring om die kontrak te hersien en tersyde te stel.
Die saak het verband gehou met 'n dispuut tussen Thobela en die munisipaliteit oor aantygings dat die tenderproses wat gevolg is, onreëlmatig was omdat die interne prosesse nie korrek gevolg is nie.
Die projek is op ys geplaas hangende die hofuitspraak.
Die hof het 16 Julie die kontrak tersyde gestel.
Mteto Nyati, uitvoerende hoof van Altron, het gesê die uitspraak word nog bestudeer.
“Ons is teleurgesteld en oorweeg ons opsies. Sodra ons met Thobela Telecoms en die finansierders van die projek gekonsulteer het, sal ons besluit wat die volgende stap is.”
Die moontlikheid bestaan dat teen die uitspraak geappelleer gaan word.
Die impak op Altron Nexus is tussen R40 miljoen en R60 miljoen.
Hy het gesê Tshwane het nog geen betaling vir die projek gedoen nie omdat hulle nog in die boufase was en finansierders dié deel van die projek gefinansier het.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie