Alternatiewe sportfees by lodge
AUOB Lodge, wat naby Gochas is, hou vanjaar weer Kalahari-fees en feesgangers kan ’n groot makietie te wagte wees. Die fees is geskeduleer vir 10 tot 13 April (Paasnaweek) en dit is ’n gulde geleentheid om bietjie te kan wegbreek en ontspan. Hope pret en vermaak sal vir jonk en oud beskikbaar wees en groot pryse kan gewen word.
Van die kompetisies wat gehou word, sluit in potjiekos, skyfskiet, kettieskiet, skattejag, varkvang en bokdrolspoeg. Ander kompetisies is ’n sterkmankompetisie, Mnr. Bierpens, Mej. Kalahari, Klein Boertjie van die Kalahari en Klein Mej. Kalahari.
Nog vermaak tydens die fees is onder meer glyplankgly, donkiekarry asook ’n wye verskeidenheid stalletjies wat produkte te koop aanbied. Groot pryse is op die spel, onder andere twee wegbreeknaweke – twee aande se bed en ontbyt – vir twee persone by enige een van die agt Namibia Country Lodges (insluitend Auob Lodge).
Verblyf word teen ’n spesiale prys vir die fees aangebied en dit beloop N$200 per persoon per nag, ontbyt ingesluit en vir kampeerders N$60 per persoon. Besprekings kan telefonies gedoen word by 063 250101 of per faks by 063 250102.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie