Almal moet eet
Karin Eloff - Dis seker die een ding wat alle mense, slim, dom, vet, maer, ryk, arm, misdadig of vroom in gemeen het.
Almal moet eet.
Vandat ons oë oopgaan soggens tot hulle toegaan saans, draai die gedagte aan kos verskeie kere in die meeste van ons se koppe. Kom ons wees nou maar eerlik: Sonder kos is ons dood. Dit maak sin.
Die wêreld se obsessie met kos is vir seker geregverdig. Wat egter my verstand te bowe gaan, is die feit dat ons al mense maan toe gestuur het, ons het daai Higgs-Boson-ding ontwerp, ons bou missiele, atoombomme, plant harte, niere en ander liggaamsdele oor, kan mense help om beter te kan sien en beter te kan hoor, maar ons het nog nie die koskwessie uitgesort nie.
Ons het enersyds nog nie uitgefigure hoe om te verseker dat niemand honger gaan slaap nie, en andersyds kan ons nie ophou om die verkeerde goed te eet en ons gesondheid daardeur te befonkfaai nie.
Hoekm is dit so moeilik?
Ons het óf te min kos, óf te veel.
Vir baie van ons is eet die hoogtepunt van ons dag. Dis meer as net 'n plesier vir mond en maag; dit beteken samesyn met jou geliefdes, ontspanning, of die dag se geswoeg is klaar.
Maar dis asof 'n sekere deel van die samelewing obsessief begin raak het oor kos. Ons omgewing weerspieël dit. Elke liewe tydskrif onder die son plaas resepte en foto's van skeppings wat jou laat kwyl, winkels is dikgestop met alles wat goed én sleg is vir jou, en op verskeie TV-kanale hoor en sien jy niks anders as 'n gekosmakery en 'n gevretery nie.
En dan's die mense nog vol fiemies ook.
Programme soos Kom ons Vreet, Dié ou se Kombuis en Dáái ou se Restaurant, Laat die Potte jou Beursie Breek en so aan, laat my mond soms oophang. Daar's mense by wie ons daagliks verbyloop op straat wat vanaand honger gaan slaap, en hier verkondig Ulnalette Papenfuss van Brackenfell wragtig op TV sy eet nie tamaties nie, of sy sit nie haar mond aan mayonnaise nie, en Jandré Laboesjyn van Centurion kla sy vleisie is nie gaar genoeg nie of sy tjoppie is koud.
En dan is daar die ander, groter deel van die samelewing wat voor jou oë wegkwyn, nie omdat hulle op pille is of 'n maagverkleiningsoperasie gehad het nie, maar omdat hulle eenvoudig niks hét om te eet nie.
Of dalk net 'n bietjie pap. Dalk hoenderpote. Maar nie genoeg dat hul nuwejaarsvoorneme jaar na jaar kan wees om gewig te verloor nie.
Ek weet nie wat die oplossing is nie. Ek is nie slim genoeg om eers uit te figure wat die oorsaak van die probleem is nie. Maar korrupte regerings het sekerlik iets daarmee te doen. Dit help ook nie ons neem die kos uit ons eie kinders se monde om die res van die kwynendes te voer nie. Almal moet eet, almal moet leef.
Al wat ek wens vir 2018, is vir een of ander genie om na vore te kom met een of ander supergoedkoop superkos sodat niemand ooit honger hoef te gaan slaap nie.
Of dat regerings sal ophou om uitspattige salarisse te trek en geld op onnodige goed te spandeer en eerder die hongeres voer.
Want honger is nie net die beste kok nie, maar ook die beste motief om misdaad te pleeg.
Dis die aakligste, mees desperate gevoel wat mens seker kan hê – die gevoel dat jy stadig letterlik besig is om dood te gaan.
Asseblief 2018, almal moet eet.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie