'Almal kan nou sit'
Maria Eiseb
Te danke aan 'n maatskappy met 'n groot hart kan byna 70 kleuters nou met meer gemak skoolgaan.
Die personeel van Happy Home Base Kindergarten in die Ombili-nedersetting, in Katutura, was verheug oor die skenking van onder meer 12 tafels, 50 stoele en skryfbehoeftes wat hulle onlangs van Business Connexion Namibia (BCX) ontvang het.
Tydens die oorhandiging het me. Christofine Katolo, stigter van die kleuterskool, gesê sy het met sowat 15 kindertjies begin en vandag spog sy met 64 leerlinge en twee onderwysers.
Sy het gesê ongeveer 34 van haar voormalige leerlinge het vanjaar met hul skoolloopbaan begin.
Katolo het gesê vantevore was daar nie genoeg stoele nie, maar elke kind sal nou op sy eie stoel kan sit.
“Ons het net twee of drie stoele gehad. Daar was altyd 'n bakleiery oor wie daarop sal sit,” het sy gesê.
Me. Loraine Brink, 'n rekenmeester by BCX, het gesê die maatskappy het 'n groep gestig wat een keer per jaar skenkings aan minderbevoorregtes gee.
Volgens Brink het hulle sowat N$18 000 bymekaargemaak waarvan die maatskappy 'n bykomende N$8 000 geskenk het.
Me. Magda Shamalaza, wat in beheer is van die Amos- Meerkat projek in die Khomasstreek, het opgemerk die kleuters by dié skooltjie het nie skryfbehoeftes soos verf, skêre ensovoorts gehad nie.
“Danksy BCX se skenking word almal gehelp. As jy iets vir een kind doen, doen jy dit ook vir die volgende kind,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie