Almal by SME Bank hul werk kwyt
Al 208 werknemers van die SME Bank is aan die einde van die maand werkloos.
Die voorlopige likwideerders van die bank, D.J. Bruni en L.R. McLaren, het in ‘n verklaring gesê alle werknemers se dienste word op 31 Julie beëindig.
Werknemers kry ‘n kennismaand se salaris, hul verlof word uitbetaal en hulle is geregtig op ‘n skeidingsbetaling van ‘n week se salaris vir elke jaar wat hulle by die bank gewerk het. Enige agterstallige salarisse en lone sal ook uitbetaal word. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie