Allister verduidelik uit Italië
Rugby
Andrew Poolman – Allister Coetzee, hoofafrigter van die Namibiese rugbyspan wat ook voltyds die Italiaanse klub Rovigo afrig, het vandag gereageer op die koerantberig rakende sy afwesigheid van die oefenkamp op Stellenbosch.
Die Namibiese span speel Sondag om 16:00 in die Markötterstadion op Stellenbosch teen Kenia. Die ander twee spanne in Wêreldrugby se Stellenbosch-uitdaagtoernooi speel om 14:00, Zimbabwe teen Brasilië. Op Saterdag 20 November sal die verloorspanne sake om die bronsposisie uitspook, voor die finaal tussen die wenspanne.
Coetzee het vanoggend soos volg gereageer:
“Die situasie is redelik eenvoudig: die (aanvanklik beplande) November-toer na Europa is toe as gevolg van die pandemie afgestel. Die kwarantynvereistes het dit moeilik gemaak om in Europa in te kom en ook die finansiële koste-implikasie as die span vir tien dae in kwarantyn moes bly. My reëlings het toe verander!
“Die toetse wat nou (in Stellenbosch) gespeel word, is maar as ’n alternatief gereël.
“Die samestelling van die groep is alles goed en deeglik beplan. Chrysander (Botha, aanvalsafrigter) en die twee konsultante (Pine Pienaar en Barend Pieterse) het alles onder beheer.
“Die span is op ’n goeie plek en die manne oefen goed. Ek kry volledige verslae en is betrokke met elke tree in Stellenbosch.”
OOR KENIA
“Ek dink ons kyk nie net na die hoë telling (17-85) wat Kenia (laas Saterdag op Loftus Versfeld teen die Curriebeker droomspan) gekry het nie en onderskat hulle nie!
“Nee, ons is besig met ’n proses om ons strukture in plek te sit en die span kry die geleentheid om so gou moontlik ons voete te vind met samespel en die uitvoering van die plan!
“Ons sal fisiek moet wees en kontak domineer. Ook ons lynstane, skrums en dryfmaalbewegings sal goed moet wees. Dis hoe ons beheer wil kry en sien hoe die span dit geniet!”
• Die November 2021-vensterperiode vir toetsrugby bied ’n uiters seldsame en gesogte geleentheid vir die Namibiese span om sy spankeuse en organisering agtermekaar te begin kry – indien hy in die 2023 Wêreldbeker betrokke (en inderdaad kompeterend) wil wees.
Ná die 2019 Wêreldbeker het die 2020-seisoen vanweë Covid-19 verbygegaan sonder dat Namibië enige toetsrugby kon speel. Johan Diergaardt is as afrigter aangestel om Phil Davies op te volg, maar het ná elf maande bedank en is ná die aanstellingsproses in oorleg met Wêreldrugby deur Coetzee vervang.
Coetzee het die span in Julie vanjaar na Ivoorkus geneem, waar die redelik verswakte toerspan op die eerste wedstryddag in Abidjan teen dié land verloor het (13-20). Die Namibiërs het wel teen Madagaskar tot verhaal gekom en die wenpunte behaal (52-10) om sy aanslag op kwalifisering vir WB 2023 lewendig te hou.
Rugby Afrika se topagt aanspraakmakers ontmoet mekaar volgende jaar in Julie in Frankryk om die wenspan te bepaal wat regstreeks vir 2023 se WB-eindtoernooi kwalifiseer. Namibië sal in die kwarteindstryd ’n maklike losmaker teen Burkina Faso hê, maar sal na verwagting daarna opeenvolgens vir Zimbabwe en Kenia moet uitskakel.
FOTO’s
Pine Pienaar het vandeesweek op Stellenbosch die leiding geneem op die oefenveld in die afwesigheid van die hoofafrigter Allister Coetzee.
Allister Coetzee (vierde van links) en sy afrigting- en bestuurspan in Julie vanjaar in Abidjan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie