• Tuisblad
  • Sport
  • Allister moet WB-veldtog uit die stof laat verrys
Allister moet WB-veldtog uit die stof laat verrys
Allister moet WB-veldtog uit die stof laat verrys

Allister moet WB-veldtog uit die stof laat verrys

Die NRU moes die afgelope dae 'n “moeilike legkaart bou” om sy komende toer­verpligting in die Ivoorkus na te kom.
Andrew Poolman
Andrew Poolman – Namibië, tans 25ste op Wêreldrugby se ranglys, skop sy aanslag op kwalifisering vir die volgende Wêreldbeker af wanneer sy nasionale groep môremiddag na die eerste uitduntoernooi in die Ivoorkus vertrek.

Dié Wes-Afrikaland het van Rugby Afrika die aanbiedingsreg verkry toe Namibië vanweë sy Covid-19-vlakke nie meer 'n werkbare venue sou wees nie.

Die Namibiërs se wedstryde is op 3 Julie teen die gasheerland (42ste ter wêreld) en vier dae later teen Madagaskar (51ste).

Net twee uit die drie lande sal oorleef om volgende jaar in Rugby Afrika se Top Agt as die bepalende kontinentale uitdunreeks vir die 2023 Wêreldbeker-plek mee te ding.

Gister – op die 627ste dag sedert Namibië laas toetsrugby gespeel het – was die Namibië Rugby-unie ná maandelange onderhandelinge agter die skerms eindelik gereed om aan te kondig dat Allister Coetzee aangestel is as sy nuwe hoofafrigter tot aan die einde van die 2023 Wêreldbeker.

Die viruspandemie se stoot­skraper-effek op sportreëlings was die hoofrede dat Namibië se nasionale span geensins in aksie was sedert hul laaste wedstryd van die vorige WB-toernooi teen Nieu-Seeland in Tokio op 6 Oktober 2019 nie.

Die NRU was gister teen druktyd nog nie gereed om sy toerspan na Ivoorkus aan te kondig nie, hoewel min van die 2019-span vir die komende toer beskikbaar is.

Altesame 14 uit die 23-tal teen die All Blacks – insluitend die kaptein Johan Deysel en onderkaptein Tjiuee Uanivi, beide by Franse klubs – speel tans hul rugby buite die landsgrense.

Namibië bevind hom in die greep van Covid-19 se dodelike derde golf en terwyl kontaksport hier vir die ganse Juniemaand verbode was, was die nasionale oefengroep se oefensessies ook grootliks in die wiele gery.

'n Spelersgroep is reeds sedert laas Saterdag in isolasie en sal vandag vir die tweede keer in drie dae Covid-toetse ondergaan, wat uiteraard tot op die laaste oomblik 'n bepalende invloed op die finale spankeuse sal hê.

“Dit was allesbehalwe maklik om hierdie legkaart te bou, maar die NRU het werklik alles in sy vermoë gedoen om ons sterkste beskikbare span vir hierdie belangrike toer byeen te bring.

“Sommige spelers was om ver­skillende redes – geldige redes, insluitend Covid of beserings – nie beskikbaar nie,” sê die NRU se uitvoerende hoof, mnr. Theo Grunewald.

“Ons is opgewonde oor diegene wat wel van verskeie wêrelddele by die plaaslike groep sal aansluit en hoop dat hulle in die oorblywende dae hier en in Abidjan as 'n eenheid saamgesnoer kan word.”



ERVARE AFRIGTER

Die NRU sê Allister Coetzee se aanstelling, effektief vanaf vandag, volg op die omvattende werwing- en keuringsproses wat in samewerking met Wêreldrugby gedoen is.

Coetzee bied inderdaad heelwat ervaring en volwassenheid op alle vlakke van die spel.

Hy was vanaf 2004 Jake White se hulpafrigter totdat die Springbokke die Wêreldbeker-toernooi in 2007 gewen het. Hy was hierna ook die hoofafrigter van die Springbokke vanaf 2016-2018, 'n tydperk waarin hy elf uit 25 toetse gewen het (twee gelykop, wenpersentasie 44%) voordat hy deur Rassie Erasmus vervang is.

Op provinsiale vlak was Coetzee onder meer die hoofafrigter van die Stormers tussen 2010 en 2015. Coetzee het ook die Kobelco Steelers (2015-2016) en Canon Eagles (2018-2020) in Japan afgerig.

Die NRU glo Coetzee sal help om die Unie se doel te bereik om nie net vir die 2023 Wêreldbeker in Frankryk te kwalifiseer nie, maar ook te verseker dat die nasionale span die land weer trots maak deur op die hoogste vlakke mededingend te wees.

By die aanvaarding van sy aanstelling het Coetzee volgens die NRU-nuusverklaring gesê: “Ek is dankbaar en geëerd om in hierdie pos aangestel te word. Ek sal alles in my vermoë doen om Namibië te laat kwalifiseer vir die 2023 Wêreldbeker in Frankryk.

“Dit sal moeilike omstandighede wees, aangesien hierdie pandemie tans die wêreld in die gesig staar. Maar ek sien baie uit om die groep te ontmoet en aan die gang te kom.

“Ek wil die NRU en Wêreldrugby bedank vir die vertroue wat in my gestel word.”

Die NRU-president mnr. Corrie Mensah sê: “As rugbygemeen­skap van Namibië verwelkom ons Allister en vertrou ons dat ons die Namibië Rugby saam sal neem na hoogtes wat nog nooit tevore beleef is nie.

“Die NRU sal ons uiterste bes doen om Allister te ondersteun deur die gunstigste omgewing te skep sodat hy die nasionale senior span suksesvol kan afrig en aan die verwagtinge kan voldoen. Welkom aan boord, Allister.”

Coetzee se eerste taak is die komende toernooi in die Ivoorkus. Hy sal bygestaan word deur Robbie Dickson en Chrysander Botha wat sedert Februarie vanjaar onderskeidelik as tussentydse hoofafrigter en hulpafrigter diens gedoen het.

Dr. Vernon Morkel (mediese hoofbeampte), Sergio de la Harpe (krag en kondisioneringsafrigter) en spanbestuurder Irvin Newman is ook bestem om die toergroep te vergesel.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%