Alles wat mooi is
Yolanda Nel - Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, waar in die hoofstad kry mens die mooiste kant? Wie kan my lippe bloedrooi kleur en wie kan hare doen met net ‘n halwe idee?
As jy op soek is na enigiets in die mode- en skoonheidsbedryf, moenie die skoonheid-, mode- en leefstyl-ekspo misloop volgende maand in die hoofstad plaasvind nie.
Hierdie ekspo bied enigiemand wat op soek is na naeltegnici, haarkappers, grimeerkunstenaars en ontwerpers meer as 50 stalletjies om te besoek.
“Of jy op soek is na iets vir jou matriekafskeid, ’n troue of ‘n spesiale funksie, ons bied jou alles onder een dak,” vertel Natasha Rabe, organiseerder van die ekspo.
Die idee vir die ekspo is geïnspireer deur die ouers van meisies wat vir die Mejuffrou Tiener-kompetisie inskryf en nie weet waar om al hul benodigdhede te kry nie.
Meisies wat reeds vir vanjaar se kompetisie ingeskryf het, sal organiseerders by die ekspo help.
Om gees te bou, sal daar op Vrydag 2 Maart ‘n grimeerkompetisie tussen grimeerkunstenaars wees, en Saterdag sal naeltegnici en haarkappers in twee ander kompetisies met mekaar meeding.
“Hierdie ekspo is ‘n geleentheid vir die hele gesin om ’n dag of twee saam te geniet,” sê sy.
Namibia Breweries sal die restaurant- en kroegarea behartig.
“Hierdie is beslis nie net ‘n geleentheid vir vroue nie. Daar sal ‘n heerlike speelarea vir jonger kinders ook wees,” vertel Natasha.
Behalwe dat kontak met verskaffers gemaak kan word, sal talle praatjies oor mode, gesondheid en vele meer aangebied word.
“Hierdie praatjies is elk ‘n halfuur lank en ‘n ontwerper kan dalk besluit om eerder ‘n modeparade te hou. Dit gaan groot pret wees,” sê Natasha.
Die ekspo vind by SKW plaas en kaartjies kos N$80 vir volwassenes en N$40 vir pensioenarisse en kinders onder 12. Kaartjies is by die deure beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie