Alles wat jy oor wyn behoort te weet (Deel 3 van 5)
Elvira Hattingh - As deel van Kollig se reeks artikels oor wyn, het ons verlede week gekyk na die wêreld se grootste vervaardigers van wyn, variëteite en die klassifikasie van wyne oor die wêreld heen.
Vandeesweek fokus ons op verskillende soorte wyne.
Droog of soet?
Wyne word hoofsaaklik volgens hul druifvariëteite geklassifiseer, asook die streek waarin die wingerde gekweek word.
Wyn word eerstens in twee breë kategorieë ingedeel, naamlik wit- en rooiwyne. Daarna word dit ook volgens smaak of vlakke van soetheid geklassifiseer en kan dit ‘n droëwyn, mediumwyn of soetwyn genoem word.
Rooi wyne
Van die gewildste rooiwyne is cabernet sauvignon, merlot, pinot noir en pinotage.
Die cabernet sauvignon druifvariëteit geniet elite status en Franse Bordeaux-rooiwyne en merlot word daarvan gemaak.
Die variëteit verwys na die druifsoort waarvan ‘n wyn gemaak is.
Merlotwyne se smaak herinner dikwels aan kruie, groen olywe, bessies en sjokolade. Dit is ‘n ligter wyn as byvoorbeeld cabernet en dit het nie so lank verouderingstydperk nodig nie. Dit word ook dikwels met cabernet vermeng om ‘n sagter smaak daaraan te verleen.
Pinotage is ‘n kruising tussen die pinot noir en cinsault-variëteit en word hoofsaaklik in Suid-Afrika, maar ook in Brasilië, Kanada, Amerika en Zimbabwe vervaardig. Die gisproses vind teen ‘n hoër temperatuur as ander wyne in eikehoutvate plaas. Dit bied heerlike bessiegeure.
‘n Rooiwyn wat ligter in kleur as Bordeaux-wyne is, word van die pinot noir druifvariëteit gemaak. Hierdie is ook die premierdruif van die Burgundy-streek in Frankryk.
Shiraz is nog ‘n bekende voorbeeld van ‘n rooiwyn en is ‘n kloondruif van die Franse syrah-variëteit. Die variëteit is ook onder die alias Hermitage bekend.
Wit wyne
Onder die gewildste witwyne tel chardonnay, riesling, sauvignon blanc, riesling en gewurztraminer.
Wit wyne is dikwels reukloos en word van groen druiwe en soms van rooi druiwe gemaak (in die geval word die skil van die druiwe nie toegelaat om kontak met die druiwesap te hê nie, wat daartoe lei dat die sap “wit” is en ‘n witwyn vorm).
Witwyne kan enige iets van droog tot soet proe.
Die Chardonnay-variëteit is een van die bekendste witwyne. Chenin blanc word dikwels “Steen” in Suid-Afrika en Pineau de la Loire in Frankryk genoem. Die variëteit word in ‘n fyn, soetwyn omgeskakel wat goed oor minstens tien jaar verouder.
Pinot blanc se tekstuur en geur herinner sterk aan chardonnay. Dit het tipiese ondertone van ryp peer, speserye, sitrus of heuning.
Constantia is nog ‘n legendariese soetwyn uit Suid-Afrika (van die Groot Constantia-wynlandgoed) en was glo Napoleon se gunsteling wyn.
Riesling-wyne kom oorspronklik uit Duitsland. Voorbeelde van die wyn sluit in Johannisberg Riesling en wit riesling. Riesling-druiwe maak droë- en soetwyne.
Ander wyne
Rosé-wyne is nie waarlik rooi nie, maar het ‘n effense rooi tint wat dit anders as witwyn laat lyk.
Sommige wynmakers verwys daarna as ‘n “ligte pienk wyn” en dit word meestal van rooi druifvariëteite gemaak, waar die doppe vroeg tydens die gisproses verwyder word. Soms word rosé gemaak deur rooi- en witwyn te meng en die smaak wissel van droog tot soet.
Sjampanje is die enigste witwyn wat mense in verskeie style aanvaar – van ‘n “gebrande” tot ‘n karamel-geoksideerde smaak, ‘n volronde vrugtesmaak of met gis wat daaraan ‘n ligte of sitrusagtige smaak verleen. Dit word baie droog of so stroopsoet aangebied. Sjampanje is die bekendste voorbeeld van vonkelwyn en ‘n gewilde voorbeeld is Rose Champagne, Prosecco en Sparkling Red Wine. Blanc de noirs kom dikwels ook in die vorm van ‘n sjampanje, wit- of roséwyn voor en word van donker druiwe gemaak.
Soetwyn word tipies saam met nageregte gedrink en word uit die suiker gemaak wat agterbly nadat gewone wyne gemaak is. Die suiker verleen ‘n baie soet smaak aan hierdie wyne.
Versterkte wyne kan droog of soet wees en bekende voorbeelde hiervan is port, madeira en sjerrie. Port kom uit die Douro-streek in Portugal en is meestal soet en rooi.
Ander wyne sluit in tafelwyne, wat soms ook droëwyn genoem word. Voorbeelde is droë witwyn, sekere rosé-wyne en droë rooiwyn. Bronne www.all-about-wine.com, www.wines.com

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie