Alles gereed vir nuwe IEB-leerplan
Alles gereed vir nuwe IEB-leerplan

Alles gereed vir nuwe IEB-leerplan

Die IEB-raad voldoen aan die vereistes van die Namibiese Nasionale Raad vir eksamens, evaluerings en sertifiserings.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Die Namibiese Nasionale Raad vir eksamens, evaluerings en sertifiserings (NEACB) het toestemming aan Onafhanklike Eksamenraad (IEB)-skole in die land gegee om tot die einde van 2021 met die huidige IEB-leerplan voort te gaan.

Dit volg nadat uitstel deur die Suid-Afrikaanse minister van basiese onderwys aan IEB-skole in Namibië verleen is om nuwe leerplanne en eksamens in die voorkeurtaal van dié skole te ontwikkel.

Volgens die IEB-skoolhoofde se verteenwoordiger vir Namibië, die Noord-Kaap, Noordwes en die ­Vrystaat, mnr. Henry McCarthy, wat ook die hoof van Pro-Ed Akademie se hoërskool is, sal die NEACB die nuwe kwalifikasie goedkeur sodra die nodige gehaltewaarborge in plek is.

Laasgenoemde is nog nie afgehandel nie.

“Met gehaltewaarborge word bedoel die nuwe leerplan word deur 'n erkende instelling(s) geakkre­diteer na 'n deeglike ondersoek na die ­leerplan se inhoud, uitkomste en ­evalueringsprosedures,” sê ­McCarthy.

NEACB het volgens hom ook aangedui volgende jaar se graad 10's kan voorlopig aangaan met die nuwe leerplan solank die nodige gehaltewaarborge teen 2022 gereed is.

Volgens McCarthy is die IEB in ooreenstemming met die vereistes van die NEACB klaar met die nuwe leerplan en voorbeeldvraestelle vir die nuwe kwalifikasie.

Tans is die IEB in gesprek met 'n vooraanstaande universiteit in Suid-Afrika om die nuwe kwalifikasie te akkrediteer en die kwaliteitswaarborge te doen.

Die universiteit sal 'n soortgelyke rol as Cambridge Universiteit (VK) in terme van Cambridge se internasio­nale onderwysafdeling (Cambridge International Education) speel.

“Dié universitieit is ook baie gretig om dit vir die IEB te doen. Die nuwe leerplan word ook deur USAF (Universities South Africa), voorheen Hoë Onderwys Suid-Afrika (HESA) geëvalueer om te bepaal of die nuwe leerplan vir alle universiteite in Suid-Afrika en ook elders in die wêreld aanvaarbaar sal wees.”

Die IEB beplan om met die NEACB se Maart/April-vergadering in 2020 die nuwe leerplan met al die nodige dokumentasie en gehaltewaar­borge vir finale goedkeuring voor te lê.

Plaaslik is dit die NEACB wat die goedkeuring verleen en moet verseker dit voldoen aan die nodige standaarde. Volgens McCarthy sal die nuwe leerplan op Vlak 4, oftewel Gevorderde Filiaal (AS) (advanced subsidiary), asook op 'n Gevorderde Vlak (advanced) wees.

“Daar sal nie 'n vlak laer as dié twee vlakke wees nie.”

McCarthy sê die nuwe leerplan begin tegnies gesproke in 2020 op voorwaarde die nodige gehaltewaarborge is teen 2022 in plek, wat hy glo teen die einde van vanjaar of begin aanstaande jaar moontlik sal wees.

Volgens hom is die nuwe leerplan nie net vir IEB-skole in Namibië nie, maar ook vir Eswatini (voorheen bekend as ­Swaziland) en Mosambiek.

Die nuwe leerplan is van toepassing op graad 10 tot 12.

“Van graad 1 tot 9 volg al die IEB-skole in Namibië die Namibiese leerplan. In graad 8 en 9 word die Namibiese leerplan ­aangevul en aangepas sodat die oorskakeling van die Namibiese leerplan af na die IEB (NSC), en ná 2021 na die nuwe leerplan, vergemaklik kan word.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 20 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.94 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.62 | USD to ZMW 27.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 312.86/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.011 | Zinc US$ 2 884.30/T DOWN -2.36% | Brent Crude Oil US$ 83.26/BBP DOWN -0.0035 | Platinum US$ 968.76/OZ DOWN -0.01 #N/A