Alle ou00eb op Hage
Alle ou00eb op Hage

Alle oë op Hage

Dani Booysen
Namibiërs sien uit na vanjaar se staatsrede.

In dr. Hage Geingob se termyn as staatshoof het 'n vernuwing ingetree met hierdie jaarlikse verslag aan die nasie. Na alle verwagting sal die vernuwing voortgesit word.

Deel hiervan was om meer toekomsgerig te wees.

Sedert hy president geword het, is daar deurlopende temas in die toesprake van die staatshoof. Na verwagting sal sentrale retoriek behoue bly vir vaslegging, maar sommige waarnemers sal die ore fyn oophou vir die voortsetting van beweerde “alarmistiese” uitsprake.

In 2016 het Geingob in sy staatsrede die eerste keer die sluier gelig oor spesifieke doelwitte met die Harambee-voorspoedplan.

In Desember 2016 is op unieke wyse openlik verantwoording gedoen oor wat dusver bereik is. Die jongste statistiek moet deel van die staatsrede wees en waar daar te kort geskiet is, is dodelike eerlikheid en nuwe planne nodig.

Van die doelwitte was om 20 000 nuwe huise te behou, 26 000 woonerwe te diens, 50 000 spoeltoilette in landelike gebiede op te rig en 8 000 werksgeleenthede in die vervaardigingsektor te skep. Daar is baie meer.

Uitdagings soos die verlang­saming in ekonomiese groei wat verlede jaar begin intree het, gaan beslis vordering met Harambee raak. Almal weet onder mee hoe hard die boubedryf getref is.

Slim verstellings aan die Harambee-plan mag noodsaaklik wees en as gerekende bestuurder sal Geingob reeds in sy staatsrede leiding in hierdie gesprek moet neem.



So sê ander

10 April 2017



Daggarokers moet vreugdevure nie te hoog laat brand



Die hooggeregshof in Kaapstad het beslis volwassenes mag dagga in die privaatheid van hul huis rook en die parlement moet wetgewing oor daggarokery binne twee jaar wysig, maar rokers moet nog nie die vreugdevure te hoog laat brand nie.

Onder meer sal die konstitusionele hof die ongeldigheid van die wetgewing moet bekragtig voordat die parlement daarmee kan handel. Onduidelikheid heers oor die tussentydse vervolging van mense.

Kampvegters vir die wettiging van die gebruik van dagga beskou die uitspraak wel as 'n sege. Voorstanders meen enige middel sou misbruik kon word en die verantwoordelike gebruik van dagga behoort by individue te berus.

Klinkklare uitsluitsel sal moeilik wees. Die staat staan dus voor 'n taai balanseertoertjie waarin hy sal moet besin oor of hy dagga algeheel gaan dekriminaliseer en of dit steeds deur wetgewing beheer gaan word.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer