Alle grappies op 'n stokkie
Ernst Hashagen skryf:
As burger van hierdie land aanvaar en respekteer ek die hoogste gesag van ons land.
Maar dit raak nou al moeiliker.
Volgens die ministerie van onderwys moes 4 000 jong skooldogters verlede jaar die skool as gevolg van ongewenste swangerskappe verlaat. Dit is 'n probleem wat hande uitruk en ons almal behoort te raak.
Minister Jerry Ekandjo sê daardie kinders moet brandstapel toe gestuur word! Hoe is dit moontlik dat 'n minister so 'n uitspraak in die parlement kan maak?
Dit was volgens hom net 'n grap.
Betrokkenes probeer om 'n oplossing vir hierdie probleem te vind, maar hierdie minister, wat feitlik sedert onafhanklikheid lid van die parlement en kabinet is – en dus oneindige ervaring in die landspolitiek het – beantwoord hierdie vraag, wat 'n baie ernstige probleem onder die jeug aanspreek, met 'n onmenslike grap. Hoe moet daardie arme kinders voel?
Hoe dikwels moet ons hoor dat ons kinders die toekoms van ons land is. As sulke grappe in die parlement gemaak word en dit toegelaat word, is dit moeilik om te glo dat ons leiers werklik die belang van ons kinders op die hart dra. Kan ons dan nog die hoogste gesag van ons land respekteer?
Die vroulike parlementslede moet hierdie tipe uitsprake op die skerpste manier veroordeel. Veral die adjunkminister van jeugsake, wat al baie keer weens haar deurdagte optrede, uitsprake en besluite aandag getrek het, moet iets doen.
Verstaan die verantwoordelikes nie deur watter trauma hierdie kinders moet gaan nie?
Die ergste is dat die verantwoordelike mans, onder hulle ongelukkig ook onderwysers, gewoonlik net met hulle lewens aangaan asof niks gebeur het nie. Die meeste van hierdie jong meisies het geen toekoms meer nie. Hulle word deur die gemeenskap verwerp.
Of hulle ooit hulle skoolloopbaan en verdere opleiding kan voltooi, is 'n ope vraag.
Sal daar 'n plek in die Namibiese Huis vir hulle wees?
Sal Harambee vir hulle 'n uitkoms bied?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie