Alkohol ’n groot probleem
'n Vrou van Lüderitz ontferm haar oor tientalle kinders.
Tanja Bause – Van buite af beskou lyk die klein sinkhuisie van Priska Yolokeni soos enige ander in die Sandhotel- informele nedersetting op Lüderitz.
Wanneer jy die huisie betree, kom jy vinnig agter hier woon ’n baie georganiseerde en netjiese vrou woon. Op ’n boekrak staan ‘n klomp lêers. Daarin is alles wat met haar kinders en kindertuin te doen het, oor die laaste vyf jaar geliasseer.
Sy is oorspronklik van die Ohangwenastreek, waar sy gebore is en grootgeword het.
“Tien jaar gelede het ek Lüderitz toe getrek om my ma wat my grootgemaak het, te versorg. Sy het by die visfabriek gewerk. Sy het egter nou te oud geword en terug Noorde toe getrek waar sy nou by familie bly.”
Priska het vyf jaar gelede kinders van Sandhotel begin oppas en leer vir hulle basiese Engels en wiskunde.
“Ek het my ma op ’n jong ouderdom verloor. As ek nie vir die kinders omgee en na hulle kyk nie, wie sal? Ek is baie lief vir kinders.”
Sy pas tot 17 kinders op en gee vir hulle uit haar eie sak kos.
Volgens Priska is alkohol en dronk ouers ’n baie groot probleem.
“Mense hier drink baie en dan kan hulle nie vir die kinders sorg nie. Hulle het ook nie geld om vir hulle kos te koop nie.”
Nog ’n probleem is tieners wat kinders kry. Sy het tans ’n tweejarige meisie in haar sorg wie se ma nog op skool is.
“Die ma is 16 jaar oud en ek kyk na haar kind sedert sy gebore is omdat die ma skool toe moet gaan. Die ma het geen geld nie, so ek sorg vir die kind en kyk dat sy kos kry.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie