Algemene verkiesing in Italië lewer geen duidelike wenner

Die feit dat baie Italianers vir ­anti-establishment- en ver regse partye gestem het, laat dit lyk asof die Italiaanse parlement nie 'n volstrekte meerderheid sal hê nie, berig The Independent in ­Engeland.

Uit die voorlopige uitslae van die verkiesing wat Sondag plaasgevind het, lyk dit of nie een van Italië se drie grootste faksies alleen sal kan regeer nie.

“Italië onregeerbaar” het die koerant La Stampa se hoofopskrif gelui nadat die eerste uitslae bekend geword het.

Die verrassende grootste wenner in die verkiesing is tot dusver die ­alternatiewe Vyfsterbeweging (M5S) wat nou Italië se grootste party is met 31,1% van die stemme. Volgens The Guardian is dié party minder as 'n dekade gelede deur 'n komediant en akteur, Beppe Grillo (69), gestig. Hy het die party geluk gewens maar het hom gewaarsku om nie ná die oorwinning te verander nie.

Die 31-jarige Luigi Di Maio, wat voorheen 'n kelner was, is nou die leier van die party. Volgens The Guardian is M5S nie linksgesind óf regsgesind nie. Grillo het hom in die verlede teen inenting uitgespreek, maar deesdae sê die party hy is net gekant daarteen dat ouers vir hul kinders inspuitings toedien. Di Maio is gekant teen immigrante en wil nie meer reddingsbote in die Middellandse See instuur om vlugtelinge te red nie.



omstrede berlusconi

Volgens The Independent het 'n ­middel-regse koalisie wat die voormalige premier Silvio Berlusconi (81) se Forza Italia en Lega Nord insluit, gesamentlik die meeste stemme.

Die regerende middel-linkse koalisie het die derde meeste stemme, hoewel dié koalisie Italië se ekonomiese herstel bewerkstellig het.

Volgens die politieke nuusdiens Politico het Berlusconi gedink hy is die magtigste man in die land en dat sy Forza Italia meer stemme as Lega Nord sou kry en dus sterker in hul koalisie sou staan. Maar sy party het volgens Politico net 14% van die stemme gekry teenoor Lega Nord se 18%. Die omstrede Berlusconi was voorheen Italië se premier, maar is in 2011 gedwing om te bedank te midde van die Eurogebied se skuldkrisis. Hy is die grootste aandeelhouer in die mediamaatskappy Mediaset en het ook die Italiaanse sokkerklub A.C. Milan besit.

Volgens The Independent is jong kiesers afgesit deur Berlusconi se skuldigbevinding aan korrupsie, maar ook deur sy ouderdom en plastiese chirurgie.

Di Maio het Maandag gesê hy is bereid om met enige van die politieke partye te praat. Hy het reeds sy ideale kabinet aangekondig. Dis 'n lys van mense wat hy “anti-politici” noem. Grillo het egter gesê M5S sal net regeer as hy die oorgrote meerderheid van die stemme kry.

Volgens die Britse koerant Express kan pres. Sergio Mattarella besluit watter party of koalisie gevra word om 'n regering te vorm. Die nuwe Italiaanse verkiesingswetgewing bepaal dat die president dié besluit kan neem as geen party of koalisie 40% van die stemme kry nie. – Netwerk24/Bykomende inligting uit Financial Times, The Guardian en Politico.

Kommentaar

Republikein 2024-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79361.57 Up +0.93% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1732.62 Up +1.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.53/OZ DOWN -0.0043 | Copper US$ 4.84/lb DOWN -0.0113 | Zinc US$ 2 972.50/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 83.74/BBP UP +0.56% | Platinum US$ 1 056.43/OZ DOWN -0.0126 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool LaLiga: Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 13° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 28° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 13° | 26° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 42km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:48, High tide: 10:54, Low Tide: 16:42, High tide: 23:24 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:46, High tide: 10:52, Low Tide: 16:40, High tide: 23:22 Walvis Bay: 23° | 34° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SE, Low tide: 04:46, High tide: 10:51, Low Tide: 16:40, High tide: 23:21 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 18° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 14° | 26° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 14° | 28° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 12° | 22° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 16° | 20° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 15° | 27° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.03 | EUR to NAD 19.79 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.91 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.53 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.22 | USD to ZMW 25.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79361.57 Up +0.93% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1732.62 Up +1.27% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13421.4 Down -0.59% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25316.08 Down -0.09% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 381.53/OZ DOWN -0.0043 | Copper US$ 4.84/lb DOWN -0.0113 | Zinc US$ 2 972.50/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 83.74/BBP UP +0.56% | Platinum US$ 1 056.43/OZ DOWN -0.0126