Alex Forbes se finansiu00eble hoof bedank
Alex Forbes se finansiu00eble hoof bedank

Alex Forbes se finansiële hoof bedank

Hanlie Stadler – Naidene Ford-Hoon het as finansiële hoof van Alexander Forbes bedank.

Sy sal haar pos einde Desember verlaat.

Die finansiëledienstefirma, wat skaars ’n week gelede sy uitvoerende hoof, Andrew Atta Darfoor, afgedank het, verskaf geen rede vir die bedanking nie. Sy word vir haar dienste bedank.

“Die direksie het sy opvolgplan in geaktiveer en sal haar plaasvervanger mettertyd aankondig,” luidens die Sens-verklaring.

Alexander Forbes het Maandag aangekondig dat Dawie de Villiers in November die groep se uitvoerende hoof word. Hy is tans uitvoerende hoof van Sanlam Werknemervoordele.

Darfoor is afgedank “ná ’n verlies aan vertroue”.

Dr. Johan van Zyl, mede- uitvoerende hoof van African Rainbow Capital (ARC), het by navraag bevestig ARC was ontevrede met die maatskappy se finansiële prestasie. ARC besit 17% van Alexander Forbes.

“Omdat ARC Investments self ’n genoteerde maatskappy is, glo ons in verantwoordelike optrede en daarom het ons al geruime tyd ons ontevredenheid oor die maatskappy se prestasie en strategiese fokus aan Alexander Forbes se direksie gekommunikeer.”

Darfoor het vir Edward Kieswetter opgevolg, wat gevra is om sy beplande aftrede te vervroeg. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-06-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer