Alarmstelsels, DVD's, klankstelsels en tru-kameras hul kos
Werkswinkel verskuif na Hyper Motor City
Deon Eysele – Die besigheid se betrokkenheid in die voertuigmark strek al so ver terug as 1997 toe dit vir die eerste keer as 'n onafhanklike entiteit 'n diens aan Namibiërs begin lewer het. Met die byna 20 jaar se ervaring in die verskaffing en installering van voertuigbykomstighede, is die twee vennote van Streetnoiz Audio, mnre. Cliff Hurter en Riaan Pelser, net die regte mense om te nader as jy raad nodig het vir enige iets waarmee jy jou voertuig wil opkikker.
Tydens 'n besoek aan die netjiese vertoonlokaal, het die vennote ons vriendelik ontvang. Streetnoiz Audio het reeds vroeg in die jaar sy nuwe perseel betrek. Hulle moes noodwendig die ou perseel waar hulle vir meer as 15 jaar gevestig was, verlaat omdat 'n nuwe gebou op die perseel opgerig word en hulle 'n ander heenkome moes vind.
“Hier waar ons nou in die Hyper Motor City-kompleks is, is ons baie meer sentraal en sigbaar. Die nuwe perseel is baie meer modern en hier is ook heelwat meer besigheidsverkeer as waar ons voorheen was,” het Hurter gesê.
Besigheid
Op 'n vraag hoe dit met die besigheid gaan, het die vennote– soos meeste ander handelaars en verwante maatskappye in die motornywerheid – bevestig dat besigheid deur 'n moeilike tydperk gaan.
“Die mark vereis dat mens voortdurend met nuwe bemarkingstrategië en idees na vore kom om relevant te bly. Ons fokus nog steeds om te voorsien in die behoeftes van ons kliënte met goeie produkte en pryse wat mededingend is,” het Hurter op 'n vraag geantwoord.
Streetnoiz Audio (U-Lock Namibia) het in 1997 op 'n baie klein skaal begin om ratslotte aan voertuie te installeer, maar baie gou het die onderneming uitgebrei tot 'n volwaardige installasiesentrum wat veral bekend geraak het vir die klankstelsels wat dit verkoop en installeer. Maar hul werksaamhede strek baie wyer as net klankstelsels en maak ook voorsiening vir die inbou van sekuriteitstelsels, sentrale sluitstelsels, trekstange, bosbrekers en kolligte.
Wat veral deesdae aanloklik by Streetnoiz is, is die spesiale aanbod op sekuriteitstelsels wat alarms en sentrale sluitstelsels betref.
“Enigiemand wat 'n probleem het met sy huidige alarm en sluitstelsel of diegene wat dit nie in hul voertuie het nie, kan by ons kom aanklop vir hulp. Daar is 'n heel paar opsies wat ons kan aanbied,” het Hurter gesê.
Nog 'n gewilde item wat deesdae hoog op aanvraag is, is die installering van 'n nuwerwetse DVD-stelsel wat in die agterkant van die kopstukke van 'n voertuig se voorste sitplekke ingebou word. Dit is veral diegene wat kinders tydens lang ritte besig wil hou, wat in die DVD-spelers belangstel.
'n Ander elektroniese hulpmiddel wat deesdae blykbaar ook groot in aanvraag is, is die installaring van tru-kameras agter op voertuie. Volgens Hurter is daar verskillende modelle beskikbaar en word hier ook gekyk na die kliënte se behoefte en dit wat sy sak pas.
Installasie
Hy het verduidelik dat elke voertuig wat inkom vir 'n klanstelsel, alarmstelsel, DVD-speler en ander elektroniese toerusting soos byvoorbeeld trukameras en navigasiestelsels, verg dat fyn beplanning gedoen word om aan te pas by “wat die voertuig ons toelaat om te kan doen”. “Mens kan maar sê elke individuele voertuig verg 'n unieke installasie omdat verskillende mense verskillende behoeftes het en ons probeer om daarby aan te pas,” het hy bevestig.
Kwotasies
Albei vennote van Streetnoiz is nóú betrokke by die dag-tot-dag-bestuur van die onderneming. Kwotasies maak 'n groot deel daarvan uit en elke kwotasie wat aangevra word, doen hulle volgens die kliënt se behoeftes en die betrokke voertuig waaraan hulle moet werk.
“Ons weet dus wat aan elke voertuig gedoen moet word, wat die kliënt se behoeftes is en hoe die begroting lyk van die kliënt met wie ons werk. Wanneer die werk klaar gedoen is, inspekteer ek of Riaan dit om seker te maak alles is gedoen en dat alles 100% werk. Ons is baie gesteld op kwaliteitsbeheer,” het Hurter hul werksaamhede verduidelik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie