Al verloor Trump, is sy beweging hier om te bly
Selfs al verloor Donald Trump die Amerikaanse presidentsverkiesing, sal die beweging wat dié sakeman begin het, voortbestaan.
“Dit maak nie saak wat in die verkiesing gebeur nie. Wat Trump verteenwoordig, is nie gek nie, dit gaan nie verdwyn nie,” sê Peter Thiel.
Thiel, wat veral bekend is vir sy beleggings in tegnologie en een van die medestigters van PayPal is, het die Nasionale Persklub in Washington Maandagaand toegespreek.
Thiel het vroeër vandeesmaand US$1,25 miljoen aan Trump se veldtog geskenk. Hy sê Trump lê die grondslag vir ''n “nuwe Republikeinse party” wat verder sal strek as die “dogma van Reaganisme”.
Hy het ''n siedende aanval op Washington gedoen en gesê die elite is uit voeling met gewone Amerikaners. Volgens hom is Trump besig om ''n stelsel te skud wat verandering nodig het.
“Die waarheid is dat dit nie saakmaak hoe gek hierdie verkiesing lyk nie. Dit is minder gek as die toestand van ons land,” sê Thiel.
Dis onmoontlik om te voorspel wat ná die verkiesing van Trump en sy ondersteuners gaan word, maar Thiel is nie die enigste mens wat meen hier is iets méér aan die gang as bloot die stryd om die Withuis nie.
“Dit gaan voortgaan ná 8 November (wanneer die verkiesing plaasvind) of Donald Trump nou die beweging gaan lei of nie,” het Alice Stewart, ''n Republikeinse strateeg, Maandag gesê.
“Trump het sonder twyfel die aar raakgeboor van ''n kieserskorps wat gevoel het hulle is vir ''n lang tyd nie gehoor nie.” Sy sê as die party wil oorleef, sal die Republikeine in die toekoms moet saamwerk met die volgelinge van Trump se nuwe konserwatiewe beweging, ongeag of hy die verkiesing wen of nie.
Thiel is een van die enigste groot geeste uit Amerika se tegnologiefabriek, Silicon Valley, wat Trump steun. Dit het hom al soveel kritiek besorg dat daar selfs oproepe was dat hy van die direksie van Facebook verwyder moet word.
Mark Zuckerberg, Facebook se uitvoerende hoof, het egter daarop aangedring dat Thiel deel bly van die direksie, omdat dit volgens hom goed is vir diversiteit binne die maatskappy.
Trump se tirades teen immigrante bots lynreg met die meeste standpunte in die tegnologiebedryf wat sterk staatmaak op talentvolle programmeerders van oral in die wêreld.
Thiel het die media Maandag daarvan beskuldig dat hulle Trump se omstrede uitlatings té letterlik opneem. Hy het wel erken dat die video waarin Trump hom vulgêr oor vroue uitspreek “duidelik aanstootlik en onvanpas” was. Maar, het Thiel gesê, Trump se ondersteuners stem op grond van beleid en nie persoonlikheid nie. Volgens hom is Trump en Hillary Clinton, die Demokratiese presidentskandidaat, “nie perfekte mense nie, om die minste te sê”. -Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie