Al raad is 'skoonmaak'
Die polemiek oor die mediese fonds vir staatsamptenare (Psemas) duur reeds baie jare.
Toenemend raak dit 'n lang agterstallige kwessie wat in alle fasette dringende oplossings verg.
In verlede week se berig “Bly Psemas-lid tot in lengte van dae” het Republikein daarop gewys dat volwasse afhanklikes – 'n terminologiese kontradiksie – prakties lewenslank lid van die fonds kan bly.
Natuurlik is dekking vir 'n amptenaar se lewensmaat, ook ná die hooflid se afsterwe, 'n gesonde en regverdigbare beginsel. Die vraag is hoe wyd die net gegooi mag word.
Mondige kinders van hooflede behoort hul eie potjie te krap en hul mediese sorg word tradisioneel nie deur die belastingbetaler gefinansier nie. Psemas erken studente as afhanklikes tot en met 25 jaar as die maksimum ouderdom.
Die bedoeling was dalk goed om mediese sorg te verbreed, maar 'n fonds se volhoubaarheid is van deurslaggewende belang. Dit is deel van die Maatskaplike Voorsorgkommissie (SSC) se mandaat om 'n nasionale mediese fonds vir alle inwoners te skep en die verbreding van die sorgnetwerk is nie 'n taak van Psemas nie.
Hoewel die syfer van sowat 1,4 afhanklikes en pensioenarisse vir elke hooflid van Psemas nie uitermate skeefgetrek lyk nie, bly dit lankal 'n ope vraag hoeveel spooklede die fonds benut. Hiervoor is 'n oudit van lede al uitweg.
Belastingbetalers is weens hul massiewe belegging in Psemas geregtig op deurtastende feite oor die fonds, asook 'n regrukaksie.
So sê ander
14 Mei 2018
Beeld en Die Burger sê
Die inhuldiging verlede week van pres. Wladimir Poetin vir 'n bykomende ampstermyn van ses jaar as Russiese staatshoof beteken 'n bydraende faktor tot die toenemende onstabiliteit in die wêreld.
Sy strategiese doel is om die Weste te verwar en te verswak, iets wat 'n vakuum skep waarin hy meer ruimte kry om sy eie geopolitieke doelwitte te verwesenlik.
Operasioneel en takties is Poetin meesterlik. Strategies gesproke is dit dalk minder meesterlik, want hy het daarin geslaag om sowat die hele wêreld teen hom te verenig. Deesdae sluit dit selfs Trump in.
Vir Afrika (en Suid-Afrika) beteken Poetin se aggressiewe rol dat die vasteland opnuut 'n geopolitieke toneel van wedywering tussen die groot moondhede kan word, soos in die Koue Oorlog.
Afrika sal moet oppas dat hy nie die gras word wat die olifante in hul bakleiery plattrap nie.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie