Al meer verkies rooibostee
Vida Booysen - Suid-Afrika se 30,9 miljoen teeliefhebbers kies toenemend eerder ’n koppie heilsame, geurige rooibostee as swart tee.
Nuwe, onafhanklike navorsing het bevestig dat liefhebbers van die Cederberge se bekendste uitvoerproduk lankal weet: Rooibostee is baie Suid-Afrikaanse teedrinkers se hart se punt.
Suid-Afrikaanse teedrinkers se voorkeur skuif al hoe meer na rooibostee eerder as swart tee, volgens die marknavorser Insight Survey se jongste verslag oor die plaaslike teebedryf, wat pas bekend gestel is.
Die verhouding van teedrinkers wat swart- of Engelse tee drink, het tussen 2011 en 2015 van 58,6% tot 51,5% afgeneem, terwyl die aantal Suid-Afrikaanse rooibostee-verbruikers van 29,4% in 2011 tot 30,9% in 2015 vermeerder het.
Dít dui op ’n verskuiwing in verbruikersgedrag, soos wat mense meer gesondheidsbewus word, sê Ernest du Toit, woordvoerder van die Rooibosraad.
“Dit blyk dat die meeste verbruikers nou op soek is na ’n gesonder alternatief en rooibostee bied die oplossing.”
Hy sê rooibostee is besonder hoog in anti-oksidante, wat die liggaam help beskerm teen allerlei kwale soos allergieë, maagkrampe, verkoue en griep, asook teen ernstiger siektes soos diabetes en hartsiektes. Dit kan ook ’n mens se risiko om kanker te kry verminder. Die aanvraag na dié gesonde tee groei ook oorsee en die onlangse handelsvennootskap wat tussen Suid-Afrika en die Europese Unie (EU) gesluit is, sal handel tussen Europa en Suid-Afrika uitbrei terwyl dit ook groter beskerming vir die handelsmerk bied, sê Du Toit.
Suid-Afrika voer tans rooibostee na meer as 30 lande uit, insluitend Duitsland, Nederland, Japan, Brittanje en die VSA. Duitsland is by verre die grootste invoerder van rooibostee, met 31% van die invoer na die EU wat hierheen gaan, gevolg deur Nederland (16%) en Japan (15%).
Volgens Du Toit word sowat die helfte van Suid-Afrika se jaarlikse rooibostee-oes (tussen 6 000 en 7 000 ton) uitgevoer, terwyl die res plaaslik verbruik word.Nog ’n interessante bevinding in Insight Survey se verslag is dat die wêreldwye teemark sedert 2009 met ’n jaarlikse saamgestelde koers van 7,7% gegroei het. Hoewel swart tee steeds die voorkeur van die meeste teedrinkers wêreldwyd is, soos in die VSA waar dit 84% van die teemark beslaan, begin sy verbruikerskoers stadig afneem.
Die verslag wys ook op die groeipotensiaal van die mark vir ystee soos wat die aanvraag na gesonde tee, soos rooibostee, begin styg. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie