Al hoe meer in SA verkoop huis om te emigreer
Hanlie Stadler – Die afgelope twee jaar het die getal mense wat hul huis verkoop om te emigreer verdubbel, het FNB se Eiendomsagentepeiling vir die eerste kwartaal van 2019 pas bevind.
In dié kwartaal het 14,2% van alle mense wat hul huis verkoop het, emigrasie as rede aangegee. Dis ’n skerp styging van die 10% in die vierde kwartaal van 2018.
Verkope weens emigrasie is algemener in kusstreke en in luukse woonbuurte en ’n hele 18,8% van superrykes – dus byna ’n vyfde – verkoop om te emigreer.
Emigrasie is die derde grootste rede waarom mense hul huis verkoop. Die algemeenste rede bly steeds dat mense na kleiner huise afskaal soos hulle ouer word. Dit verteenwoordig 23% van alle verkope, onveranderd sedert die vorige kwartaal.
Van eienaar tot huurder
Die tweede grootste rede waarom mense hul huis verkoop, is dat hulle deur finansiële nood gedwing word om af te skaal.
Landwyd skaal 15,9% van mense om dié rede af, maar dit styg tot 16,5% onder mense in die middelinkomstegroep en tot 19% in die lae-inkomstegroep.
Siphamandla Mkhwanazi, die FNB-ekonoom wat die peilingresultate saamgestel het, sê dis wel verblydend dat die persentasie mense wat weens finansiële druk verkoop van die gemiddelde 19% in die vierde kwartaal van 2018 gedaal het.
Byna die helfte (49%) van die mense wat om finansiële redes afskaal, word huurders. Die ander helfte koop ’n goedkoper eiendom. In die vierde kwartaal het 68% van verkopers nog gesê hulle gaan eerder eiendom huur as weer koop.
Mkhwanazi sê die hoë persentasie nuwe huurders lyk nie juis asof dit die huurmark bevoordeel het nie. Leegstaansyfers is aan die styg en die gemiddelde styging in huurgeld bly laer as die inflasiekoers.
“Een verklaring kan wees dat huishoudings in die huurmark konsolideer deur gedeelde ruimte te kies.”
Saamkoop
Nog ’n nuwe tendens is dat al hoe meer mense eiendom saam met vriende en uitgebreide familielede koop. Só betaal almal kleiner paaiemente en word alle uitgawes gedeel.
Altesame 15,9% van alle eiendomsagente glo die tendens is aan die toeneem, teenoor 12,7% einde verlede jaar.
“Dié verbruikersgedrag is nie verrassend in die konteks daarvan dat huisuitgawes (soos elektrisiteit en water) vinniger as salarisse styg nie en stem ook ooreen met ander manifestasies van druk op verbruikers in verwante markte, soos in die passasiersvoertuigmark, waarin die totale volume van verkope daal, maar die persentasie sportnutsvoertuie (gesinsmotors) styg.”
Ooraanbod
Die algehele gevolgtrekking van die peiling is dat daar steeds ’n ooraanbod van eiendom in die Suid-Afrikaanse huismark is. Eiendomsagente is egter meer optimisties as wat hulle einde verlede jaar was.
Die huismark sal egter nie verbeter voordat ekonomiese omstandighede kop optel en verbruikers se swartgalligheid omkeer nie, sê Mkhwanazi.
Nog bevindings in die peiling is:
· 9,97: Gemiddelde getal mense wat na ’n skouhuis kom kyk. Dis byna onveranderd sedert einde 2018, maar ver onder die langtermyngemiddeld van 11,95 mense.
· 15 weke en 3 dae: Gemiddelde tyd wat ’n huis in die mark is. Dis drie dae korter as einde 2018 en ’n hele 17 dae korter as die 17 weke en ses dae in die derde kwartaal van 2018. Die langtermyngemiddeld sedert 2004 is egter 13 weke en 4 dae.
· 95,3%: Die persentasie verkopers wat hul verkoopsprys moet verlaag, hoër as die 94,3% van einde 2018. Hoe duurder die eiendom, hoe hoër die persentasie mense wat hul prys moet verlaag – 100% van eiendom met ’n verkoopsprys van meer as R3,6 miljoen is vir minder as die aanvanklike vraprys verkoop.
· 9,4%: Die gemiddelde persentasie waarmee verkopers hul prys verlaag. Die historiese gemiddeld sedert 2010 is 9%. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie