Airlink verander vlugtye
Die Suid-Afrikaanse lugredery Airlink het veranderinge aan hul vlugtye aangekondig sodat passasiers aan die aangepaste aandklokreël gehoor kan gee.
Vlugte tussen Johannesburg en Windhoek word ook geraak.
Vlug 4Z0120 sal nou om 08:00 uit Johannesburg na Windhoek vertrek en om 10:15 land. Uit Windhoek sal vlug 4Z1021 nou om 11:00 vertrek en om 13:00 in Johannesburg te land.
Die vlugte tussen Johannesburg en Walvisbaai bly onveranderd.
“Die wysigings sal aan passasisers wat in die oggend vlieg genoeg tyd gee om na die lughawe te reis en die administrasie ten opsigte van die gesondheidsprotokol of immigrasise te voltooi sonder om die aandklokreël te oortree,” het die besturende direkteur van Airlink, mnr. Rodger Foster, in ‘n mediaverklaring gesê.
“Dit sal ook passasiers wat in die aand op vlugte is, in staat stel om na hul huise of verblyf te reis voordat die aandklokreël om 21:00 in werking tree.”
Die aandklokreël in Namibië en Suid-Afrika tree saans om 21:00 in werking.
Hy sê die veranderinge aan die tye sal aan kaartjiehouers gekommunikeer word.
Passasiers kan ook op hul webtuiste die vlugtye raadpleeg by www.airlink.com.
Foto Airlink

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie