Airbnb wen groot hofsaak
Airbnb het Dinsdag ’n waterskeidingshofsaak gewen wat bepaal hy is ’n aanlyn diens en nie ’n eiendomsagent nie.
Europa se hoogste hof het beslis Airbnb kan nie oor dieselfde kam geskeer word as ander verhuringsagente nie. Die saak volg nadat Frankryk se toerismevereniging Airbnb gaan verkla het.
Die uitspraak beteken Airbnb hoef nie aan dieselfde reëls en regulasies te voldoen as ander eiendomsagente nie.
Die kwessie onderstreep weer die probleem waarmee reguleerders sukkel omdat al meer tradisionele dienste aanlyn aangebied word.
Hoewel hierdie ondernemings tegnies dieselfde funksies verrig, is hulle nie onderworpe aan dieselfde reëls nie.
Die Airbnb-saak is van groot belang vir die Franse toerismevereniging, gegewe dat die onderneming ’n ooreenkoms met die Internasionale Olimpiese Komitee aangegaan het om verblyf vir die 2024 Olimpiese Spele in Parys te bied.
Airbnb gaan aktief deur die komitee bemark word in aanloop tot die spele.
Regters het in wese Airbnb se argument aanvaar dat dit ’n aanlyn platform en nie ’n eiendomsagent is nie.
Die hof het die Franse ook oor die kole gehaal omdat hulle nie voorheen vir Airbnb in kennis gestel het dat hulle oor ’n professionele eiendomsagentlisensie moes beskik nie.
Airbnb het die uitspraak verwelkom.
“Ons wil goeie vennote wees vir almal en werk reeds met meer as 500 regerings saam om te help om verblyf aan mense te bied,” sê die onderneming in ’n verklaring.
“Ons volg die reëls en betaal belasting.”
Airbnb het die afgelope paar jaar met owerhede en hoteleienaars in stede soos New York, Amsterdam, Berlyn en Parys koppe gestamp.
Die maatskappy word daarvan beskuldig dat hy behuisingstekorte vererger en armer inwoners uitstoot aangesien huiseienaars eiendom vir heelwat meer op Airbnb kan verhuur. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie