AirAsia word nou ondersoek
AirAsia word nou ondersoek

AirAsia word nou ondersoek

Indonesië
Estelle de Bruyn
Indonesië het onderneem om vlugoortredings deur AirAsia te ondersoek nadat dit bekend geword het dat die gedoemde vliegtuig wat op 28 Desember in die Java-see neergestort het, ’n skedule sonder toestemming gevlieg het. Die lugredery is nou verbied om die Surabaya-Singapoer roete te vlieg.
Desondanks is toestemming vir ’n vlug gister op die roete verleen.
Dit is nie duidelik hoe die lugredery in staat was om die roete sonder die nodige magtiging van die vertrekpunt te vlieg nie.
Vyf dele van die Airbus A320-200 is reeds in die see langs die kus van Borneo opgespoor en die oorskot van 31 slagoffers is gevind. Die soektog word deur stormagtige weersomstandighede en onstuimige seetoestande in die wiele gery.
 -Nampa / AFP

Kommentaar

Republikein 2026-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer