Air Namibia voorlopig gelikwideer
Sake
Air Namibia is Vrydag voorlopig in die Windhoekse hoërhof gelikwideer ná ’n formele aansoek van die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) vir ’n verpligte/gedwonge likwidasie.
Hoërhofregter Kobus Miller het gelas dat alle partye voor 26 Maart moet aandui waarom die nasionale lugredery nie deu finaal gelikwideer moet word om sy krediteure te betaal nie.
NAC het in sy verklaring aangedui dat dit geen geheim is dat Air Namibia nie sy krediteure kan betaal nie en onlangs ook sy ooreenkoms met ChallengeAir nie eerbiedig het nie.
Air Namibia skuld die NAC sedert 31 Oktober 2014 sowat N$684,2 miljoen aan lugvaartkundige en ander dienste, asook die huurgeld by lughawens.
Verdere skuld van Air Namibia aan die NAC behels volgens die verklaring N$13,7 miljoen grondhanteringsdienste by lughawens tussen 31 Mei 2016 en 31 Augustus 2020, asook N$ 12,9 miljoen huurgeld tussen 8 Desember 2016 en 31 Januarie vanjaar.
– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie