Air Namibia-vlugte na Frankfurt normaliseer

DIE ongure weerstoestande in Europa het geen invloed op Air Namibia se vlugte tussen Frankfurt en Windhoek gehad nie.

Die nasionale lugkarweier het wel Dinsdag aangekondig dat ?n vertraging in vlugte op die Windhoek-Frankfurt- Windhoek-roete ondervind is.

Vlugte SW 286 en 285 is deur die vertragings geraak nadat onvoorsiene onderhoudwerk uitgevoer moes word aan een van die A340-vliegtuie wat op die roete gebruik word.

Passasiers wat afgelope Sondag op vlug SW 286 bespreek was, het voorkeur geniet om plek te bespreek op ?n vlug wat Maandag na Frankfurt vertrek het. Dit het Dinsdag met ?n dagvlug na Windhoek teruggekeer.

Op die roete tussen Windhoek en Frankfurt gebruik Air Namibia twee Airbus A340?s afwisselend, vir ingeval een van die vliegtuie herstelwerk moet ondergaan.

Volgens ?n verklaring deur Air Namibia beplan die tegniese bedryfspan vlugbewegings vooruit om die minimum onderbreking in die normale vlugskedule en koste-implikasies vir lugredery te verseker.

Die verwagting was dat vlugskedule gister na normaal sou terugkeer.

Air Namibia het die versekering aan sy passasiers en ander betrokkenes gegee dat die onderbrekings plaasvind om die maksimum veiligheid van passasiers in die vliegtuie te verseker.

Mense wat nog navrae in die verband het, kan Air Namibia by 061 299 6111 skakel.

Kommentaar

Republikein 2025-08-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer