Air Namibia vlieg binnekort Wes-Afrika toe
Passasiers kan nou binne ses uur van Windhoek na Lagos en Accra vlieg.
Francoise Steynberg - Air Namibia gaan op 29 Junie sy roete van Windhoek na Lagos en Accra van stapel stuur.
Hierdie nuwe roete sal 'n direkte verbinding tussen Namibië en Wes-Afrikalande verskaf.
Die gerieflike nuwe roete sal vier keer 'n week - Sondae, Maandae, Woensdae en Vrydae - van Windhoek af verbindings na en van Wes-Afrika met die lugredery se streeksvlugte na en van Johannesburg, Kaapstad, Luanda, Harare, Lusaka, Victoria-valle, Gaborone, Walvisbaai en Durban voorsien.
Die roete is van Windhoek af via Lagos na Accra en terug vanaf Accra via Lagos na Windhoek. Die vlugte sal passasiers en vrag vervoer, soos goedgekeur deur die Ghanese en Nigeriese regerings se bilaterale lugdiensooreenkomste.
Air Namibia verwag 'n gaping in die mark sal gevul word deur Suider-Afrika mededingend met Wes-Afrika te verbind in minder as ses ure.
"Hierdie broodnodige diens gee ons passasiers 'n beter alternatiewe reisopsie wat reistyd tussen Namibië en Wes-Afrika met meer as 60% verminder. Ons is verheug om ons bekroonde diens in hierdie mark bekend te stel en ons het reeds positiewe terugvoering oor die bekendstelling van die nuwe roete gekry," het Air Namibia se waarnemende besturende direkteur, adv. Mandi Samson, gesê.
"Dit strook met ons huidige kapasiteit van vliegtuie en bemanning en dit beteken ons betree Afrika se grootste streeksreismark."
Air Namibia het onlangs vir APG Network as verkoopsverteenwoordigers in Nigerië en Ghana aangestel om die volle verkope- en bemarkingsdienste te beharitg, asook die oproepsentrum en kliëntesorgdienste namens Air Namibia in die twee lande.
Dié stap van Air Namibia om nuwe lewe in hierdie twee roetes te blaas, word deur beide die Ghanese en Nigeriese gemeenskappe verwelkom.
“Namibië is 'n vleisetende nasie en ek weet Ghanese hou ook baie van vleis. Met Air Namibia wat nou terugkeer, kan Ghanese in Namibië gaan kuier," het die voormalige hoë kommissaris in Namibië en Botswana, mnr. Alhaji Abdul-Rahman Harruna Attah het gesê.
"Namibiese vleis word na Europa en ander dele van die wêreld uitgevoer, maar dit beteken nie seekos is skaars nie. Vis en seekos van die soutwaters is volop."
Air Namibia sal op die roete met 'n Airbus A319 vlieg wat 16 sitplekke in die besigheidsklas en 96 in ekonomiese klas het, asook twee ton vrag kan dra.
Air Namibia bring sy bekroonde diens na Wes-Afrika en spog met 10 Feather-toekennings as die beste streekslugredery van Suider-Afrika die afgelope 15 jaar.
Die lugredery het is die naaswenner as Afrika se beste streekslugredery in 2016 en 2017 van die Skytrax Airline-toekennings.
Die lugredery se vloot is ook spesiaal gekies om gerief en betroubaarheid te bied.
Al 10 vliegtuie - twee Airbus A330-200, vier Airbus A319-100 en vier Embraer ERJ 135 - voorsien gerief met baie beenspasie en moderne afrondings binne.
Vir meer inligting, besoek die webtuiste by www.airnamibia.com.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie