Air Namibia skors twee nu00e1 uitlatings
Air Namibia skors twee nu00e1 uitlatings

Air Namibia skors twee ná uitlatings

Catherine Sasman
Air Namibia het mnre. Willem Christiaan en Reginald Kock, die president en regsadviseur van die Namibië Kajuitbemanningsvakbond (NCCU), geskors.
Dit is skynbaar na aanleiding van uitlatings wat hulle onlangs gemaak het oor die lugredery se planne om buitelandse vlieëniers te werf. Die Federasie-vakbond, Tucna, het vanoggend (Donderdag) geëis Air Namibia moet die skorsing binne 24 uur terug trek. Indien nie, beplan Tucna en die NCCU ‘n massa-optog volgende week na Air Namibia se hoofkantoor in Windhoek.

Foto: Die geskorste NCCU-leiers, mnre. Reginald Kock en Willem Christiaan.

Kommentaar

Republikein 2025-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer