Air Namibia se Frankfurt-vlugte gaan voort
Air Namibia se Frankfurt-vlugte gaan voort

Air Namibia se Frankfurt-vlugte gaan voort

Henriette Lamprecht
Geen besluit is deur die kabinet geneem om Air Namibia se vlugte na Frankfurt op te skort nie. Volgens ‘n verklaring deur die nasionale lugredery is die raad van direkteure, bestuur en konsultante wat onlangs aangewys is, tans besig met ‘n proses om Air Namibia se sakemodel te herevalueer. Die doel van die proses is om geleenthede te identifiseer om finansiële prestasie te verbeter, doeltreffendheid te verhoog en ook die lugredery se koste van sy netwerk roetes en wat die Frankfurt-roete insluit, te verminder. Volgens die verklaring sal dit die volhoubaarheid van die nasionale lugredery verseker.

Kommentaar

Republikein 2025-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer