Air Namibia se eerste vroulike langafstandvlieu00ebnier
Air Namibia se eerste vroulike langafstandvlieu00ebnier

Air Namibia se eerste vroulike langafstandvlieënier

Tanja Bause
Kaptein Cornelia Hahn is Air Namibia se eerste vroulike langafstandkaptein om 'n Airbus A330-200 tussen Windhoek en Frankfurt te vlieg.

Die 42-jarige Hahn het die afgelope 20 jaar mense na plaaslike-, streeks- en internasionale bestemmings gevlieg.

Twintig jaar gelede het Hahn by Westair Wings Charters as kommersiële vlieënier begin werk.

Twee jaar later het sy by Air Namibia aangesluit as die eerste offisier op die Beechcraft B1900-vliegtuig wat plaas­like roetes gevlieg het.

In Desember 2001 is sy bevorder tot kaptein van die Beechcraft B1900.

“Ek het geweet 'n mens is nooit ­volleerd nie en het met my lugvaartstudies verder gegaan,” het Hahn gesê.

Terwyl sy twee kinders grootgemaak het, het sy aan haar loopbaan gewerk en in April 2008 het sy die eerste vroulike kaptein van 'n Boeing 737 geword.

Vyf jaar gelede het sy opleiding in Zürich, in Switserland, ontvang om 'n Airbus A319-100 te kan vlieg.

“In November 2014 het ek besluit om by die langafstandroete aan te sluit en om ondervinding van die Airbus A330-200 en die Frankfurt-roete as eerste offisier op te doen,” het Hahn gesê.

Sedert 1 April is sy die eerste vroulike vlieënier van 'n Airbus A330-200 wat by Air Namibia in diens is.

“Dit was vir my altyd 'n uitdaging om my huidige posisie te bereik. Ek is baie trots daarop dat ek jongmense kan inspireer en veral jong vroue wat daarvan droom om vlieëniers te word.

“My prestasies wys dat met toewyding en fokus dit nie net 'n droom hoef te wees nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° #N/A #N/A