Air Namibia glo gedreig, man vas
Francoise Steynberg - 'n Man is Maandagnamiddag op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako buite Windhoek in hegtenis geneem pas nadat hy met 'n Air Namibia-vlug van die Angolese hoofstad Luanda af aangeland het.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, woordvoerder van die Namibiese polisie (Nampol), het gister teen druktyd bevestig die man het gistermiddag in die Katutura-landdroshof op voorlopige klagte van aanranding deur dreigemente verskyn.
Lt.genl. Sebastian Ndeitunga, hoof van Nampol, het gister aan Republikein bevestig die man, met 'n Suid-Afrikaanse paspoort in sy besit en vermoedelik van Russiese afkoms, is gisteroggend deur die polisie ondervra, maar die ondersoek is nog in 'n vroeë stadium.
Na bewering het twee Angolese beamptes in die geheim saamgevlieg.
"Die hofsaak is nog aan die gang, dus kan sy naam nie bekend gemaak word nie. Sy Russiese nasionalieit word ook bevraagteken, omdat hy in besit van 'n Suid-Afrikaanse paspoort is," het Shikwambi teen druktyd gesê.
Sy het bevestig die man het op 16 Junie met 'n Air Namibia-vlug vanaf Kaapstad op Hosea Kutako aaangeland het en daarna na Luanda sou vlieg.
"Hy kon glo nie sy geelkoorskaart - 'n vereiste vir Angola - aan Air Namibia wys nie en hy moes van die vliegtuig afklim nadat hy glo 'n bohaai opgeskop het. Daarna het hy per pad na Angola gereis," sê Shikwambi.
DOODSDREIGEMENTE
"Die man het glo intussen dreigbriewe aan Air Namibia geskryf waarin hy glo beweer dat hy al vyf polisiemanne in Suid-Afrika vermoor het en dat hy dieselfde met die bestuur van die lugredery sal doen."
Toe hy Maandag in Luanda weer sy vlug via Windhoek terug Kaapstad toe wou haal, het Air Namibia se personeel van sy beweerde doodsdreigemente onthou.
"Air Namibia was glo teësinnig om die man weer op die vlug toe te laat, maar Angolese owerhede het hom op die vlug begelei," het Shikwambi gesê.
Sy het ook bevestig dat die klagte intussen kan verander.
Republikein se sportverslaggewer, Tielmann van Lill, was een van die passasiers op die Air Namibia-vlug SW 304 vanaf die Quatro De Fevereiro-lughawe in Luanda, wat vir byna twee ure vertraag was. Hy was in Angola om verslag oor die Internasionale Lupupa-veldwedrenne te doen.
"Ons moes om 11:55 Angolese tyd (12:55 Namibiese tyd) in Luanda opstyg, maar ons het vir sowat 'n uur op die vliegtuig gesit en wag om op te styg, waarna ons weer moes afklim," het Van Lill gesê.
"Terug in die lughawegebou is ons handbagasie deeglik deursoek en ons is gevisenteer. Daarna moes ons weer op die vliegtuig klim en het eers omstreeks 16:40 (Namibiese tyd) op Hosea Kutako geland in plaas van die geskeduleerde tyd wat 14:55 was."
Van Lill sê hy het met die man se reisgenoot gesels wat glo sewe jaar in Angola gebly het en op pad terug Kaapstad toe was.
"Die man lyk soos die Britse sakemagnaat Richard Branson van die Virgin-groep," het hy gesê.
SEKURITEITSREDES
Die korporatiewe kommunikasiebestuurder van Air Namibia, mnr. Paul Nakawa, het by navraag gesê Maandag se vlug is vertraag weens sekuriteitsredes en dit is ook om dié rede dat die passasiers op die lughawe in Luanda gevisenteer is.
"Die man is in hegtenis geneem weens sekuriteitsredes en omdat die saak sub judice is, is dit onvanpas om die man se burgerskap bekend te maak," het Nakawa gesê.
Hy het ook ontken dat Angolese polisiebeamptes in geheim op die vlug was.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie