Air Nam se vlieëniers gehok

Passasiers ure gestrand

16 August 2019 | Vervoer
ont face="Verdana" >

Catherine Sasman – Klagtes stroom in van gefrustreerde Air Namibia-kliënte wat dié week weens vertraagde vlugte vir ure op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) gestrand was.

Vlugte na Kaapstad, Johannesburg en Frankfurt was vir tot twee ure geparkeer. Ontstoke passasiers was dit eens vertragings en kansellasies het ‘n “daaglikse krisis” geword.

Volgens Air Namibia se woordvoerder, mnr. Paul Nakawa, was die vertraging van die drie vlugte ‘n “rimpeleffek“ wat veroorsaak is deur die kansellasie van die vlug op Sondag 11 Augustus van Victoria Falls na Windhoek. Die vlug moes gekanselleer word omdat die Eros-lughawe, wat as die aangewese alternatiewe lughawe sou dien, reeds gesluit sou wees teen die tyd wat die vlug in Windhoek sou aankom.

“Lugvaartwette bepaal daar moet ‘n alternatiewe lughawe vir elke vlug wees, sou jy nie by die aangewese lughawe kan land nie. Aangesien die Eros-lughawe teen die beraamde aankomstyd toe was, moes die passasiers op Victoria Falls oorslaap en die vlug gekanselleer word,” het Nakawa gesê.

Ander vlugte is ook gekanselleer of vertraag omdat agt van die lugredery se vlieëniers van die A319-100- en ERJ 135-vloot tans gehok is omdat hulle nog “interne kontrolering van operasionele vaardigheid” moet ondergaan.

“Dié vlieëniers se lisensies soos uitgereik deur die reguleerder (die Namibiese Burgerlugvaartowerheid) is geldig, maar interne kontrolering word vereis om te verseker hulle is steeds vaardig en in staat om die vliegtuie te hanteer. Dit was aan die begin van die week nog nie gedoen nie,” het hy gesê.

Volgens hom word vier van die agt vlieëniers van Woensdag tot môre getoets. Die ander se beurt is in September.

Volgens hom is die oorsaak huidige instandhoudingswerk op nabootsers in Johannesburg wat Air Namibia gewoonlik gebruik, en dus nie nou beskikbaar is nie.

“Die ander opsie sou wees om dié vlieëniers Europa toe te stuur. Dit is baie duur, en met die huidige finansiële druk op ons, sou dit moeilik wees om te doen.”

[email protected]

Soortgelyk

 

8 beeste, 5 elande en 5 buffels vir Heldedag...

2 ure gelede | Gebeure

Otjiwarongo skud sy vere reg vir die viering van Heldedag Maandag en om die verwagte 10 000 besoekers te voed, word agt beeste, vyf elande...

Polisie skiet 'ietermagôsmokkelaar' in die voet

2 ure gelede | Misdaad

'n Man (34) wat 'n lewende ietermagô op Omaruru wou smokkel, lê nou in die hospitaal. Volgens adj.komm. Erastus Iikuyu, koördineerder van misdaadondersoeke in die...

Drama met bultrugwalvis

14 ure gelede | In beeld

Pogings om ’n volwasse bultrugwalvis wat by Onafhanklikheidstrand by Walvisbaai gestrand het, terug in die see te stoot, was onsuksesvol. Volgens me. Dorothy Fourie van...

Imalwa sê oor GIPF-appel

14 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die oudvakbondleier en hedendaagse politikus mnr. Evilastus Kaaronda sê hulle oorweeg steeds regstappe teen die aanklaer-generaal, me. Martha Imwalwa, oor die regering...

Mynbestuurder oor oortyd gedreig

14 ure gelede | Misdaad

face="Verdana" >Otis Finck op Swakopmund - ’n Bestuurder van Swakop Uranium, wat die Husab-myn besit, se lewe is weens ‘n oortydbetalingkwessie in gevaar.Mnr. Timo Ipangwela,...

Namibië en Rwanda verstewig bande

14 ure gelede | Ministeries

Pres. Hage Geingob het die hoop uitgespreek dat die Rwandese president, mnr. Paul Kagame, se staatsbesoek aan Namibië vandeesweek stukrag aan die verstewiging van die...

Weer vir 22 Augustus 2019

14 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Ooswindtoestande sal dié week tot in die naweek oor die kusgebiede heers. BINNELAND: Sonnig en baie warm. Winderige toestande sal voortduur. KUS: Sonnig en...

Reënbooghare vir siek kinders

14 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - ’n Twaalfjarige van die hoofstad met ’n groot hart het groot planne om geld vir liefdadigheid in te samel. Lelita Esterhuizen (12)...

Twee keer lewenslank vir vrouemoordenaar

14 ure gelede | Howe

Die man wat in Januarie 2016 twee vroue vermoor en hul liggame op die stortingsterrein wes van die westelike verbypad in die hoofstad verbrand het,...