Aiku00f4na vir Paasnaweek se ryplanne
Aiku00f4na vir Paasnaweek se ryplanne

Aikôna vir Paasnaweek se ryplanne

Catherine Sasman
Suster: “Ek kom na julle (van Swakopmund af) vir die Paasnaweek - as die verkeer dit toelaat.”

Ons: “Maar jy kan tog seker vroeg genoeg of laat genoeg op die pad klim om die verkeer te vermy, of hoe?”

Suster: “Op watter planeet bly julle?”

Want ongeag die rigting, tyd, dag óf nag, bly vakansiepaaie ‘n nagmerrie, ‘n vreesaanjaende vooruitsig.

Want almal weet hoe bloeddorstig ons paaie veral hierdie tyd van die jaar word. Dit is amper soos ‘n zombie-land; ons raak almal op dieselfde tyd half padmal.

Namibië se paaie verg moed. Dit is nie vir sissies nie. Dit is soos die spreekwoordelike cliffhanger – onvoorspelbaar.

Niemand weet hoe goed dit gaan afloop of hoe dit gaan eindig nie. Dit is ‘n spannende, dramatiese witkneukel rit van kop tot bewerige tone op pedale. Vir énige bestuurder wat ‘n greintjie respek vir sy of haar eie en ander se lewens het.

Dit verg die kalmte, fokus en heldersiendheid van ‘n yogi-ghoeroe plús die bestuursvernuf van ‘n F1-renjaer.

Die yogi-ghoeroe-vaardighede is eenvoudig bo baie van ons se vuurmaakplek. En só ook dié van ’n F1-renjaer op beginnersvlak.

Aangesien die aktualisering van die yogi-ghoeroe bykans onbereikbaar vir ons gewone Jannies en Sannies is, kyk bietjie na die vloervlakvaardighede van F1-bestuurders, want ons moet seker so effentjies iets daarvan hê, of hoe?

Jy moet beheer kan uitoefen. As jy vinning wil ry en pronkdraaie gooi, moet jy seker weet hoe en wanneer om die brieke aan te draai en waar om in of uit te swaai.

Jy moet baie goed bewus van jou omstandighede wees.

Dit beteken jy moet te alle tye weet wie en wat om jou beweeg en hoe om daarop te reageer.

Dit verg goeie perifere visie, soos ‘n verkleurmannetjie wat met sy kop vorentoe agtertoe kan kyk.

Om orals te kan sien, is natuurlik die idee hier.

Dit verg goeie handremwerk en ingenieursvaardighede.

Kén jou motor en weet wanneer om vet te gee as dit moet - ‘n goeie ding om te weet en te kan doen as die padvark op jou stert kom sit of op jou afgejaag kom.

Dit verg ook balans, dissipline en geduld.

Op fisieke vlak verg dit ook aangebore eienskappe soos vinnige reaksietyd. Is jy flink en fiks genoeg? Is jou aandagspan langer as die neus van jou enjinkap?

Basiese, noodsaaklike vaardighede is goed vir almal, sê hulle.

Ek sou dink afgesien hiervan is ‘n sin vir die kultureel absurde ook belangrik.

So byvoorbeeld word toeriste in Frankryk gewaarsku om uit te kyk vir rooineusbestuurders wat met wynbottels tussen hul boude die pad afjaag. In Israel ry hulle sommer van die pad af om ander verby te steek.

Uit eie ervaring kon ek byvoorbeeld nie kop of stert uitmaak van hoe mense in en om Dar es Salaam met sy vier verkeersligte ry nie.

Almal ry gelyktydig in alle rigtings – oor rooi ligte, stopstrate, op sypaadjies, steek verby van alle kante, en almal lyk salig onbewus van die chaos.

In Turkye kon ek nie uitmaak hoeveel motors dan nou werklik in een baan langs mekaar kan inpas nie.

In Namibië, glo ek stellig, is dit ‘n kwessie van: “Man, die pad is lánk. Ek móét hom korter maak.”

Of iets soos: “Ons is min mense, die pad lê wýd oop.”

Of: “Ek het ‘n lekker duur kar; ek kán mos en wíl pronk.”

Of: “Man, ek het nie tyd saamgebring nie; kom uit my pad uit!”

Of, ook rooineus en slaptong: “Die wind waai sjoooeee, my kar se sjade wil nie stjilstjaan nie.”

En dan is daar dié met identiteitskrisisse: “Uit my pad uit! Kán jy nie sien wie ek is nie? Gmf!”

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%