A.I. Steenkamp se onderwysers staak
Maria Eiseb - Onderwysers van die Primêre Skool A.I. Steenkamp in Katutura in die hoofstad het gisteroggend geweier om na hul klasse te gaan tensy hulle deur die onderwysdirekteur of inspekteur oor hul probleme toegespreek word.
Die onderwysers is uiters ontevrede oor hoe die skoolbestuur kwessies by die skool hanteer. Hulle sê óf die bestuur moet summier afgedank word óf die onderwysers sal hul tasse pak.
Die onderwysers en lede van die skoolraad het saam met lede van die Namibië Nasionale Onderwysersunie (Nantu) 'n vergadering gehou. Daartydens het die sekretaris-generaal van Nantu, mnr. Basilius Haingura, en die voorsitter van die Khomasstreek, mnr. Kevin Kahungi, die onderwysers gevra om na die klasse terug te keer om orde onder die leerlinge te handhaaf.
'n Onderwyser, mnr. Immanuel !Aoxamub, het gesê hulle het sedert 2014 probleme. Hy sê destyds het hulle dit as interne probleme hanteer om 'n oplossing te kry.
“Maar daar is geen oplossing nie en ons kan nie meer so aangaan nie. Dinge raak net te erg,” het hy gesê.
“Ons het telkemale briewe aan die inspekteur, die direkteur en selfs die permanente sekretaris geskryf, maar niks is opgelos nie.
“Dit is onaanvaarbaar as die permanente sekretaris sê dat sy niks van ons klagtes gehoor het nie, alhoewel ons hoeveel briewe geskryf het en vir hoe lank al oor die probleem by die skool kla,” het !Aoxamub gesê.
'n Ander onderwyser, wat anoniem wil bly, het gesê hulle is moeg vir die emosionele misbruik en die manier hoe die skoolhoof, me. Rudolfine Kamahene, hulle en die ouers behandel.
Onderwysers beskuldig ook die skoolhoof van die misbruik van fondse, asook nepotisme en die aanstelling van ongekwalifiseerde onderwysers.
Tydens die vergadering het Haingura gesê die onderwysers moet oor hul probleme praat sodat 'n oplossing gevind kan word, want kinders is betrokke.
Die onderwysers meen hulle kan nie hul taak verrig as hulle ontevrede is nie en kan nie vol stres voor die klas staan nie.
“Ons sal die leerlinge daardeur benadeel en ons verkies om liewer nie klas te gee nie. Ons kan nie verder so aangaan nie,” het hulle gesê.
Kamahene was nie bereid om met die media te praat nie. Die direkteur van onderwys in die Khomasstreek, mnr. Gerard Vries, het aan Republikein gesê volledige inligting oor die kwessies sal môre verskaf word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie