Agtien jaar agter tralies vir mensehandel
Volgens die regter is die oortreding met voorbedagte rade begaan en het die skuldige die slagoffer se lewe heeltemal vernietig.
                                    
                                                            ’n Vrou wat op klagte van mensehandel en verkragting skuldig bevind is, is pas tot 28 jaar agter tralies gevonnis. 
Sy het ’n jong meisie van die Noorde na Okahandja gelok, waar sy seksueel misbruik is.
Tuufilwa Jonas (34) is op 31 Julie deur hoërhofregter Naomi Shivute skuldig bevind op drie klagte van verkragting en drie van mensehandel.
Sy het die meisie van die Okahenge-nedersetting in die Omusatistreek na ’n plaas in die Okahandja-omgewing in die Otjozondjupastreek gelok waar sy deur ’n groep mans seksueel misbruik is.
Jonas is familielid van die meisie, wat tydens die voorval in 2017 15 jaar oud was.
Op die drie verkragtingsklagte is Jonas tot tien jaar tronkstraf gevonnis.
Op die drie mensehandelklagte is sy tot 18 jaar agter tralies gevonnis.
“Die mees verswarende faktore in die saak was die feit dat Jonas die jong meisie gedwing het om skool te verlaat met leë beloftes van werk, en haar seksueel uitgebuit het toe sy die meisie vir ’n groep mans op die plaas aangebied het. Sy het die slagoffer ook herhaaldelik gedreig,” het Shivute gesê.
Die regter het verder gesê die slagoffer is weens Jonas se optrede getraumatiseer.
“Hierdie saak was ’n oortreding met voorbedagte rade en die skuldige het die slagoffer se lewe totaal vernietig,” het die regter gesê.
Jonas het in haar getuienis ter versagting voor vonnisoplegging gesê: “Ek het baie mense se harte gebreek as gevolg van my onregmatige optrede. Wat ek aan die klaer gedoen het, is nie goed nie . . . ek is baie hartseer oor wat ek aan die klaer gedoen het.”
Sy het gesê sy berou dit dat sy die rede is waarom die meisie die skool verlaat het.
Sy het gepleit dat die hof nie ’n lang vonnis moet oplê nie, omdat dit haar kanse op rehabilitasie sal verminder.
Jonas het aanvanklik op 23 April 2019 betrokkenheid by die saak ontken toe sy onskuldig gepleit het op die aanklagte teen haar.
Die slagoffer het swanger geraak in die tyd wat sy op die plaas gebly het.
Jonas is ’n eerste oortreder met geen rekord van vorige strafregtelike oortredings nie. Sy het vyf minderjarige kinders.
Staatsadvokaat Felistas Shikerete-Vendura het die vervolging behartig.
Advokaat Milton Engelbrecht, wat deur regshulp befonds is, het vir Jonas verskyn. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie