Agter elke suksesvolle visterman is daar ’n storie
Des Erasmus - “Die Filistyne is op ons!” So sê Swakopmund se Dikke Daan terwyl hy sy kromsteelpyp met Springboktwak stop. Agter sy bakhand teen die suidwestewind gee hy die goue blaar vlam, druk die krullende konkoksie met ‘n harde duim in die pypkop vas en beduie dan met die steel na die waterkant.
Dis waar die vistermanne skouer aan skouer staan met die hoop dat die dieper water ‘n vissie gaan gee. “Maak vas! Maak vas!” So skreeu ‘n ou in die tou met sy maat se stok wat sekeltrek teen die westerkim. Wil nog vir Daan reghelp dat dit deelnemers aan die hengeltoets is, toe brei hy op sy storie uit met ‘n effense brei in sy vistermanstaal wat ‘n vermoede sterk dat sy grootwordjare dalk in Namakwaland was.
Op dorpe van die sentrale kus begin elke Kersseisoen met ‘n glimlag, selfs ‘n bietjie goedige skinder.
Lank gelede toe dit nog gereën het, was ‘n binnelandse angs onder Swakopmunders die water wat uit die lug geval het. Dis goed wat hulle nie ken nie waar ‘n reënlose Namib hom teen die see vasgeloop het nie. Dié tyd van die jaar is die skoen aan die ander voet.
‘n Algemene vraag waarop Swakopmunders, Walvisbaaiers en Hentiesbaaiers feitlik elke dag ‘n antwoord moet soek, is: “Waar’s die vis?” ‘n Sessie van vraag en antwoord met alles in ligter luim soos wat ou vrinne maar maak.
Wat besoekers eintlik wil weet, is waar hulle met hul lang stokke en lekker aas kan gaan ingooi. Daarom “waar’s die vis”.
Dan kom stuitige antwoorde soos: “In die see”.
Met nog ‘n antwoord word vier plekke aangedui. Die vissoekers word na ‘n winkel met vars vis in die Swakopmundse hoofstraat beduie of na ‘n viswinkel in die inkoopsentrum in Vineta of ’n viswinkel op Hentiesbaai verwys. Die viswinkel is ‘n aanleg vir bestaansvissers op Hentiesbaai waar vis vars uit die see regstreeks aan die publiek verkoop word. Of keer ‘n baaisiekelbul van die Vierkantklip op pad na Swakopmund voor met ‘n vissak wat aan die raamwerk hang. In daai sak is dalk ‘n galjoen of net dalk ‘n kreefstert of twee.
Nou nie juis die antwoorde waarop besoekers gewag het nie.
Nog ‘n mooi storietjie word vertel van ‘n diensstasie wat besigheid doen uit die besoekers se vislus. Die petroljoggies is behoorlik in die verkoopkuns geskool.
Die storie staan so:
Trek die bakkie met die baie visstokke en vistermanne by die petrolpompe in, word die gebruiklike vraag gevra oor waar die vis byt. Dan kom die geoefende antwoord: “Bo teen die grens by die Ugabrivier”. Dit is ‘n 100 km plus van Hentiesbaai en die vier-by-viertjies hou van sous. Dan kom die opdrag uit die kajuit asof deur ‘n spreekkoor uit die kajuit: “Maak maar vol!”
Dan rol die geld saam met die wysters wat die liters en die prys aandui.
Ook oor aas is daar ‘n paar storietjies.
Wurms vir aas is absoluut verbode as maatreël om die visbron teen oorontgnning te beskerm. Daarom word na wurmaas ook as omkykaas verwys. Waarmee bedoel word die hengelaar met wurms aan die hoek kyk voortdurend om of ‘n “viskop”, dis nou ‘n visinspekteur, nie dalk naby stilgehou het om ondersoek in te stel nie. Kry ‘n viskop ‘n aanduiding van wurmaas aan die hoek, is sy humeur nie so lekker nie.
Ondanks boetes wat ‘n ganse vakansie kan verongeluk, word steeds met wurmaas gesmokkel. Die smouse met wurmaas staan dikwels op straathoeke. Nooit sal hulle van wurmaas praat nie. Maak hulle ‘n aanbod van spyker of van spaghetti kan jy maar weet dis pure wurm daai.
Praat ‘n hengelaar van tiek-tak, moet jy weet dis klein vissies wat met sy aas speel sonder om aan die hoek te kom.
Vir elke inkommer in Desember is stywe lyne Republikein se wens. Net dalk lê daar vanaand ‘n ietsie in die pan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie