Agt 'wildmisdadigers' vas
Agt vermeende wildmisdadigers is verlede week vasgetrek en vier nuwe sake is by die Namibiese polisie (Nampol) aanhangig gemaak.
Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag van Nampol se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) en die intelligensie- en ondersoekeenheid in die ministerie van die omgewing en toerisme is vier verdagtes in verband met renosterstropery of horingsmokkelary of pogings daartoe in hegtenis geneem.
Een verdagte is vir olifantstropery of ivoorsmokkelary of pogings daartoe vasgetrek.
Beslag is op twee lewende ietermagôs en een ietermagôvel gelê, asook op een elk olifanttand, seekoeikarkas en 'n voertuig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie