Agt vermeende beesslagters vandag in hof
Agt vermeende beesslagters vandag in hof

Agt vermeende beesslagters vandag in hof

Francoise Steynberg
Agt 'beesslagters' vandag in die Karibib-landdroshof.

"Nadat agt mans glo Sondag drie beeste op die plaas Waldheim in die Karibib-distrik geslag het, is hulle omstreeks 04:00 op pad Okahandja toe in hegtenis geneem," lui die Namibiese polisie se misdaadverslag.

"Hulle het glo die beeskarkasse ter waarde van N$45 000 op 'n silwer GWM-bakkie gelaai. Die polisie het ook beslag op die voertuig gelê."

Volgens die polisie is die een verdagte glo 'n plaaswerker en die sewe ander verdagtes bekende kapana-verkopers in Katutura in die hoofstad.

Die polisieondersoek duur voort.

Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer