Agt vas oor wildsmokkelary
Francoise Steynberg - Die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne in die Khomasstreek het die naweek agt mense in verband met onwettige wildhandel in hegtenis geneem.
Vrydag omstreeks 12:30 is vyf Namibiese mans (38, 38, 33, 31 en 29) en een 29-jarige vrou in Doradopark in Windhoek in hegtenis geneem nadat hulle besig was om ‘n lewende ietermagô te verkoop.
Sondag omstreeks 17:00 is nóg twee mans (47 en 21) in Okahandja Park in die hoofstad in hegtenis geneem nadat hulle besig was om ‘n ietermagôvel te verkoop.
Al die verdagtes is van onwettige handel in beheerde wildprodukte aangekla.
Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie