Agt sterftes, 70 nuwe gevalle
Die Covid-sterftes styg met agt tot 3 394. Nie een van die gevalle was ingeënt nie. Gister is 70 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 6%. Die gevalle sluit 21 leerlinge, twee onderwysers, een student en drie gesondheidswerkers in. Tans is daar 2 091 aktiewe gevalle waarvan 165 in die hospitaal en 24 in die ICU is. Tot op hede het 214 854 mense hul eerste dosis entstof ontvang, terwyl 117 910 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 96%.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie