Agt sterftes, 39 nuwe gevalle
Agt sterftes, 39 nuwe gevalle

Agt sterftes, 39 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Die Covid-sterftes styg met agt tot 3 456. Nie een van die sterfgevalle was ingeënt nie. Gister is 39 nuwe gevalle aangeteken, 'n positiewe koers van 2,5%. Onder die gevalle is drie leerlinge, twee onderwysers, twee studente en een gesondheidswerker. Die aktiewe gevalle staan tans op 1 245 waarvan 122 in die hospitaal en 19 in die ICU is. Tot op hede het 236 297 mense een dosis entstof ontvang, teenoor die 147 643 wat volledig ingeënt is. Die herstelkoers staan op 96%.

Kommentaar

Republikein 2025-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer