Agribank méér suksesvol in grondhervorming as regering
Agribank was sedert 1992 skynbaar twee keer meer suksesvol daarin om plase in die hande van voorheen benadeeldes te plaas, as die nasionale hervestigingsprogram.
Sedert 1992 het voorheen benaadeeldes sowat 882 plase (6,3 miljoen ha) in agt streke deur dié bank bekom. Sowat 3,4 miljoen ha hiervan is deur die bank se regstellende aksie leningskema, AALS, verkry.
Daarteenoor het die ministerie van grondhervorming 486 plase of net meer as 3 miljoen ha oor die tydperk vir hervestigingsdoeleindes bekom. In totaal het 5 352 mense tot dusver voordeel uit die nasionale hervestigingsprogram getrek en altesaam 1 030 huishoudings is sedert 2002 hervestig.
Die statistieke is vanoggend tydens ‘n simposium in Windhoek oor die besit van landbougrond deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA) bekendgemaak, ter voorbereiding van die nasionale grondkonferensie wat vanaf 1 tot 5 Oktober plaasvind.
Tussen 1992 en 2018 is altesaam 8,1 miljoen ha kommersiële landbougrond aan die staat gebied, waarvan 5,1 miljoen ha van die hand gewys is. Die meeste grond wat deur die regering van die hand gewys is, is in die Otjozondjupastreek geleë en beslaan oor sowat 1,6 miljoen ha.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie