Agra skep 'nuwe' tuiste vir pasiënte
Agra se inisiatieffonds vir personeel (ASIF) het ingespring en die onkologie-eenheid by die Windhoek Sentrale Hospitaal se familiekamer 'n nuwe baadjie gegee.
Die opgeknapte familiekamer spog nou met splinternuwe meubels, toestelle, opvoedkundige boeke en speletjies.
Volgens die voorsitter van die ASIF-komitee, mnr. Christo van Wyk, was die doel om die familiekamer soos “'n huis weg van die huis” te laat voel vir pasiënte wat hier behandeling ontvang.
“Gesondheid bly een van die prioriteitsgebiede in Namibië. Die onkologiesaal speel 'n noodsaaklike rol in die verskaffing van gehaltegesondheidsdienste vir pasiënte,” het Van Wyk gesê.
PERSONEEL WIL VERSKIL MAAK
Die opknapping het sowat vier maande geduur en die familiekamer is nou toegerus met 'n nuwe televisie en DVD-speler, rekenaar, meubels, yskas, witbord en boeke.
“Ek hoop van harte die kamer en toerusting sal gebruik en ordentlik onderhou word om sodoende 'n bydrae tot die verbetering van die gesondheid van Namibiërs te lewer.”
Die ASIF word gedryf deur skenkings van Agra-personeel wat daartoe verbind is om 'n verskil in die Namibiese gemeenskap te maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie