Agra reik na behoeftiges uit
Agra het die afgelope feesseisoen deur hul ASIF-personeelfonds landswyd kos, skryfbehoeftes, tuingereedskap en ander basiese benodigdhede aan kwesbare gemeenskappe uitgedeel.
Hul Omaruru-tak het sinkplate, asook ‘n bed geskenk aan iemand wie se huis afgebrand het, terwyl hul Rehoboth-tak ‘n skenking gemaak het aan ‘n werklose ma met twee gestremde kinders.
Agra se tak op Tsumeb het skenkings aan die dorp se ouetehuis gemaak, terwyl hul tak op Outjo bydraes aan die Hoadadi-kindergarten, asook die laerskool gemaak het.
Dit is deel van hul Kersfees-veldtog waartydens hulle kwesbare lede van die samelewing ondersteun.
“By Agra glo ons ons het die vermoë om minderbevoorregte mense te help omdat baie van ons die voordele van ‘n bestendige inkomste en families geniet. Deur middel van ASIF kan personeel ander help wat nie hulself kan help nie,” het mnr. Christo van Wyk, Agra se beampte vir borgskappe en promosies, gesê.
ASIF word deur Agra-werknemers befonds, wat graag ‘n verskil in die Namibiese gemeenskap wil maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie