Agra ook deur ekonomie, droogte geraak
Die groep sê hulle is dankbaar vir positiewe uitslae – veral in die lig van die huidige omstandighede.
’n Relatief stagnerende bruto wins saam met stygende koste het daartoe gelei dat die Agra-groep se totale omvattende inkomste van N$ 32,2 miljoen verlede jaar na N$ 24,4 miljoen in die 2018-’19-boekjaar gedaal het.
“Dit kom neer op ’n afname van 24,2%. Al is dit kommerwekkend word dit fyn dopgehou, en strategieë om koste te verminder en inkomste te verhoog word toegepas,” sê mnr. Arnold Klein, Agra se uitvoerende hoof.
Hy het dié syfers tydens Agra se jaarvergadering die afgelope Vrydag (29 Oktober) bekend gemaak en gesê gegewe die swak ekonomie en die droogte is hy dankbaar die maatskappy se markaandeel groei steeds.
Hoewel Agra ’n klein toename van 0,5% in bruto wins ervaar het, het die maatskappy die afgelope jaar steeds ’n bruto wins van N$358 miljoen getoon.
Verlede jaar het dié syfer op N$356 miljoen gestaan.
Die groep se inkomste het met 11,8% gegroei.
“Bruto winste het nie dienooreenkomstig gegroei nie. Dít hoofsaaklik weens ’n toename in die verkope van produkte met lae marges, soos veevoerprodukte. Dus het bruto wins met net 0,5% toegeneem,” het Klein gesê.
Boonop het Agra se veilingafdeling N$10,3 miljoen minder kommissie verdien omdat die prys van vee per kop gestyg het.
Die groter getal vee wat opgeveil is, het tot die marginale verhoging in die bruto wins bygedra.
Klein het gesê Agra se bedryfsuitgawes het van N$287,9 miljoen verlede jaar na N$304,7 miljoen in 2018-’19 verhoog, wat met 5,8% inflasie strook.
Finansiële uitgawes het van N$30,5 miljoen in 2017-’18 tot N$29,8 miljoen in 2018-’19 verhoog.
Dit is hoofsaaklik weens ’n vermindering in die prima uitleenkoers asook die terugbetaling van langtermynskuld.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie