Agra begin landbou-akademie
Die akademie sê dit bied 'n geleentheid vir persone wat SAQA-geakkrediteerde kwalifikasies wil behaal.
Agra begin 'n splinternuwe, tegnologie-gedrewe Namibiese landbou-akademie, wat nou sal saamwerk met bedryfsvennote asook verskaffers om bedryfspesifieke opleiding vir die plaaslike landbousektor te bied.
Dit word deur Agra ProVision van stapel gestuur, wat lank reeds bekend is vir die verskeie opleidingskursusse wat dit aan die plaaslike landbousektor bied.
Volgens 'n verklaring wat vandeesweek uitgereik is, bied die Agra Landbou-akademie 'n unieke, e-leerprogram, wat beteken studente kan teen hul eie pas studeer, vanuit die gemak van hul huise. Dit is ideaal vir hoërskoolleerlinge, skoolverlaters, boere en mense wat reeds werk.
Die akademie sê dit bied 'n unieke geleentheid vir persone wat kwalifikasies, vaardighede en praktiese kennis in landbou wil opdoen, met 'n wye reeks sertifikaatprogramme en diplomas waarvoor ingeskryf kan word.
Programme waarvoor nasionale sertifikate en diplomas uitgereik word (NQF-vlakke 4 en 5), sluit in diere- en plantproduksie, asook gevorderde plaasbestuur. Die kwalifikasies word deur SAQA (die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid) geakkrediteer.
Volgens Agra is al die kwalifikasies deur die International Agricultural Academy for Africa (i3A) ontwikkel, met insette vanaf Agra ProVision.
Dit word dan aanlyn via die internet deur e-leerprogramme aangebied, terwyl dit verder gerugsteun sal word deur praktiese opleiding deur leiers in die plaaslike bedryf.
In Suid-Afrika het i3A 'n landbou-skoolprogram ontwikkel wat die graad 10-, 11- en 12-kurrikulum in ooreenstemming met SAQA-sertifikate NQF 2, 3 en 4 bring. Die doel is om leerlinge te help bou aan hul loopbane in landbou, terwyl hulle nog skoolgaan.
Agri-pedia is 'n internet-tegnologie rekenaarplatform waar al die leermateriaal en inligting in die vorm van geskrewe stukke, video, animasies en grafiese formaat beskikbaar is, wat die oordra van die inligting verfrissend en visueel verstaanbaar maak. Boonop word alle inhoud aangepas sodat dit toepaslik op Namibiese toestande is.
Agra sê dit hoop om op dié manier uitdagings vir Namibiërs, soos toegang tot hoë gehalte landbou-opleidingskursusse, die hoof te bied.
Die akademie aanvaar tans inskrywings, terwyl die eerste graduandi wat verlede jaar ingeskryf het, reeds gegradueer het. Vir meer inligting kan die akademie by [email protected] of 061 290 9208 gekontak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie