Afwagting groot vir eerste reën
Die Namibiese weerkantoor voorspel vir die volgende paar dae bewolkte toestande en ligte donderbuie oor groot dele van die land. Verskeie mense het gister op die Facebook-bladsy “Reën in Namibia” gesê dat druppels in Gobabis, Karibib en woonbuurte in Windhoek soos Kleine Kuppe, Academia, Olympia en Suiderhof geval het. Talle doringbome blom al ’n geruime tyd in Windhoek en die omgewing in afwagting op die eerste somerreën. Corrie van der Westhuizen het die foto van die soetdoringboom in blom afgeneem.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie