Afvalbestuurslypskool vir beter strategieë
Francoise Steynberg
Met omgewingsheffings op plastieksakke, oliesmeermiddels en weggooibare batterye wat verlede week in die Nasionale Vergadering goedgekeur is, kom 'n afvalbestuurslypskool vandag en môre in die hoofstad op die perfekte tyd.
Van 1 Oktober af sal dié items aan 'n nuwe omgewingsheffing onderwerp word.
Dit sal van krag wees saam met die brandstofheffing wat reeds van 16 September af in werking getree het.
Die afvalbestuurslypskool, wat by die Safari Hotel in Windhoek sal plaasvind, gaan onder meer onderwerpe soos nasionale afvalbestuurstrategieë, die 3 R'e (reduce, reuse en recycle), die bevordering van die herwinningsekonomie van Namibiese munisipaliteite, die verskil van plastiek en ander sintetiese stowwe en meer proaktiewe bestuurstelsels van afvalvoorkoming en -vermindering bespreek.
Van die sprekers is die kommersiële bestuurder van Rent-A-Drum, mnr. Jaco Swart, hul skakelhoof, me. Hilka Hamukuaja, mnr. Albe Botha, uitvoerende hoof van Namibia Media Holdings, mnr. Nico du Plessis, besturende direkteur van Plastic Packaging en verteenwoordigers van die munisipaliteite van Windhoek, Hentiesbaai, Otjiwarongo en Lüderitz. [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie