Afrikadagkonsert: Kyk herhaling vandag

27 May 2021 | Kuns en vermaak
Die 2021 Afrikadagkonsert wat deur MTV Base, YouTube en die Hollywood-ster Idris Elba aangebied is, was vanjaar 'n sterbelaaide affêre met sommige van die bekendste gesigte op die vasteland en oraloor die wêreld wat betrokke was. Dié wêreldwye byeenkoms het die kollig op Afrika-talent geplaas, en is op 25 Mei regstreeks uitgesaai.

Afrika se gewildste supersterre het die wêreld vanjaar aan nuwe talent blootgestel. Dit sluit onder meer die ikoniese en legendariese musikant Angelique Kidjo in, die Kongolese sanger-liedjieskrywer Fally Ipupa en die legendariese internasionaal bekende Suid-Afrikaanse kunstenaar Yvonne Chaka Chaka.

Die konsert het ook dinamiese, opkomende kunstenaars van Afrika ’n kans in die kollig gegee. Hierdie jong Afrika-kunstenaars het vir die eerste keer die kans gehad om voor 'n wêreldwye gehoor op te tree. Onder hulle was Rozzy Sokota (Sierra Leone), Ary (Angola) en Mohamed Ramadan (Egipte).

Daarbenewens het Amina (Kenia), Azawi (Uganda), Blxckie (Suid-Afrika), Boris Kodjoe (VSA), Ckay (Nigerië), Cassper Nyovest (Suid-Afrika), Cleo Ice Queen (Zambië), Dr Bone (Suid-Afrika), Drizilik (Sierra Leone), Ehiz (Nigerië), Emtee (Suid-Afrika), Fik Fameica (Uganda), Innoss'B (DRK), Jay Rox (Zambië), Kamo Mphela (Suid-Afrika), Lady Kuda (Zimbabwe), Locnville (Suid-Afrika), Mark Angel (Nigerië), Mr P (Nigerië), Ms Red (Zimbabwe), Nadia Mukami (Kenia), Nomalanga Shozi (Suid-Afrika), Pierre Emerick Aubameyang (Gaboen), Shirazee (Benin), Slapdee (Zambië), Sorai Ramos (Kaap Verde), Tendai “The Beast” Mtawarira (Suid-Afrika), Tresor (Suid-Afrika), Wema (Tanzanië), Will Packer (VSA), William last KRM (Botswana) vanjaar opgetree om Afrikadag te vier.

Monde Twala, die senior visepresident en hoofbestuurder by ViacomCBS Networks Africa, het gesê: “Ons is verheug dat van Afrika se toptalent vanjaar by ons aansluit.”

Alex Okosi, YouTube se besturende direkteur van opkomende markte in Europa, die Midde-Ooste en Afrika, het op sy beurt gesê: “Die Afrikadagkonsert is 'n belangrike huldeblyk aan die vasteland. Ons is opgewonde om die 58ste herdenking van hierdie ongelooflike dag in die teenwoordigheid van hierdie kunstenaars te vier. By YouTube is ons daartoe verbind om die krag van Afrika-talent en kreatiwiteit met die wêreld te deel.”

Kykers van oraloor die wêreld kan vandag om 19:00 op MTV Africa die herhaling van die 2021 Afrikadagkonsert kyk.

Soortgelyk

 

Profeet TB Joshua sterf

5 ure gelede | Mense

Die bekende evangelis en filantroop, past. Temitope Balogun (TB) Joshua, is dood.Is het Saterdagaand, 'n week voor sy 58ste verjaardag, in Lagos, Nigerië gesterf, berig...

Polisieman in Kuisebmond doodgesteek

15 ure gelede | Misdaad

'n Konstabel wat by die polisiekantoor in Kuisebmond diens doen, is in die vroeë oggendure Saterdag dood nadat hy naby sy meisie se huis deur...

Ses sterftes stoot syfer oor 900, 480 nuwe gevalle

21 ure gelede | Gesondheid

Ses nuwe sterftes stoot die totale syfer vir Namibië oor die 900-kerf tot 905. Die sterftes is vier in Windhoek en een elk in Outjo...

Covid-19: Gevalle styg in 24 uit 35 distrikte

1 dag gelede | Gesondheid

Namibië bly in die kloue van ‘n nuwe brander Covid-19-infeksies.Gedurende die sewe dae tot Donderdag het nuwe gevalle in 24 van die land se 35...

22 sterftes, 596 nuwe gevalle

1 dag gelede | Gesondheid

Die Covid-19-verwante sterftesyfer vir Namibië skiet met nog 22 - 12 in Windhoek, twee in onderskeidelik Rehoboth en Walvisbaai, drie in Mariental en een elk...

Rehoboth soek strenger aandklok-monitering teen Covid

2 dae gelede | Gesondheid

Die United People's Movement (UPM) het die streeksbevelvoerder van die polisie in die Hardapstreek, komm. Andries van der Byl, gevra vir polisieversterkings op Rehoboth sodat...

Beesvleisforum vorder met abattoirplan

2 dae gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – ’n Groep bekommerde beesprodusente wat ten alle koste Namibië se nismarkte in die buiteland vir die voortbestaan van dié bedryf wil beskerm,...

Avonturier verdrink byna tydens riviervaart

2 dae gelede | Mense

Ronelle Rademeyer – ’n Suid-Afrikaanse avonturier wat verlede week ná 55 dae en 2 200 km in sy geel roeiboot die Oranjerivier se monding by...

Harmse on unlimiting the future

2 dae gelede | Mense

Barney Harmse was born in Mafikeng in South Africa in 1970 and his family moved to Namibia when he was just four years old. From...